21.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


21 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.09.2010

Nou vorentoe

NAMIBIËRS kan nou met vertroue van die hoftrappe wegstap en met nuwe ywer voortgaan om die demokrasie en die grondwetlike instellings van die land te verstewig na die beslissing van die Hooggeregshof dat die kiesklagte van die nege opposisiepartye deur die Hoërhof aangehoor moet word.

Namibiërs en die owerhede weet, ervaar en is bewus daarvan dat ‘n ernstige skroef los is met verkiesingsadministrasie. Inteendeel. Daar is steeds die vermaning en teregwysing van die Regter-president, Regter Petrus Damaseb, na 2004 se algemene en presidentsverkiesing dat demokrasie ’n saak van erns is en ’n bevel dat die direktoraat en voorsitter van die Verkiesingskommissie hul verantwoordelikheid teenoor die demokratiese verwagtinge van die Grondwet moet nakom.

Die chaos en slepende onduidelikheid oor die verlof en dissiplinêre optrede teen die direkteur, mnr. Moses Ndjarakana, is die mees onlangse bewys dat die direktoraat nie weet wat sy eie reëls, bevoegdhede en prosedures oor die aangeleentheid is nie.

Voeg daarby die afgelope Hainyeko-boikot, die Omuthiya- en Eenhana-hofprosedure asook die afgelope Okahandja-kieserslys en uiteindelike verstellings daaraan en die indruk van administratiewe tekortkominge in die kommissie en direktoraat word bevestig.

Dit moet reggestel word en die huidige hofprosedure bied die geleentheid om die knelpunte behoorlik te identifiseer sodat die gemeenskap afstand kan kry van die groeiende kultuur wat posvat dat verkiesingsprosesse en uitslae as ‘n kwessie van prosedure in die hof sal beland.

Die hofprosedure was ‘n inisiatief van opposisiepartye wat sedert die stigting van ‘n nuwe party in verskeie tussenverkiesings en ook die afgelope presidents- en algemene verkiesing deur die ECN en direktoraat van verkiesings die gevoel kon kry dat hulle gefrustreer is en daarom hulle oor registrasie van kiesers en kandidate na die hof moes wend en uiteindelik oor die uitslag self.

Swapo het in die Omuthiya-tussenverkiesing self die direktoraat en kommissie hof toe gesleep. Dit is eenvoudig nie ‘n gesonde toestand van die demokrasie nie en die hofuitspraak het hoogstens ‘n verband oor die sweer van slepende administratiewe onbevoegdheid geplak, terwyl ‘n veel ernstiger operasie dalk nodig is.

Die hof het sy beslissing gevel, maar die openbare mening is steeds uit oor die meriete van die klagtes en dit sal op ‘n volwasse wyse deur die land se politieke verteenwoordigers en die nuwe rentmeesters van die demokrasie in die parlement en kabinet han- teer moet word.

Die wenners in die hofprosesse is die inwoners van Namibië ongeag hul politieke affiliasie, wat in ‘n gees van kalmte en stabiliteit en demokrasie die regspleging vertrou het om met die belangwekkende saak te handel.

Hul gedrag ná die uitspraak van die Hooggeregshof is die kompas vir die toekoms en ‘n kompliment vir die land en sy leierskap van die afgelope 20 jaar. Namibiërs het bewys dat hulle groot genoeg is, volwasse genoeg is en demokraties genoeg is om die uitdagings tegemoet te gaan, ongeag teleurstellings aan die een kant en oorwinningsvure aan die ander kant.

Wat leiers van die Regering en opposisie nou kan doen, is om die duidelike foute wat gemaak is, te identifiseer en reg te stel om die demokrasie te verstewig sodat die geskiedenis hom nie herhaal nie. Kortom.

Die vertroue wat inwoners demonstreer, behoort deur die owerheid en sy instellings gerespekteer te word soos wat die inwoners die instellings van die staat respekteer. Dit is nie te veel om te verwag nie.