Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

4.02.2010

Nie nou die tyd

NAMIBIËRS mag nie daarvan hou nie en vir sommige mag dit irriterend wees dat elke landskwessie eers in die pot van Swapo se binnekringpolitiek en onderlinge twis moet aanbrand voor dit as ’n nasionale kwessie hanteer kan word, maar dit is die staatkundige werklikheid.

Dit maak saak wat Swapo op die partypolitieke vlak doen, aangesien die party nie net die Regering en landsadministrasie is nie, maar ’n oorweldigende mandaat van Namibiërs het en hul verwagtinge verteenwoordig. Daar is ’n fyn lyn tussen goeie administrasie en sinvolle partypolitiek en nie alle leiers is toegerus om op die hoogspanningsdraad te loop nie.

Die party se meerderheid en kiesersverwagtinge plaas terselfdertyd ’n oorweldigende verantwoordelikheid op die party om juis nie die opsigtelike te doen deur net sy bepaalde kiesafdelings aan te spreek nie, want dit is juis die magsbasisse wat politieke opponente gebruik om stemme by te oes en ondersteuning te erodeer.

Daarom moet Swapo as hy die Regering wil bly en sy meerderhede behou, ook onder opposisiepartye oes om kiesers wat onbetrokke is, betrokke kry. Dit is nie politiek nie, dit is wiskunde.

Die afgelope verkiesings was in dié verband ’n wekroep en Swapo sal self erken dat dit weens die partye se eie, hoë standaarde en enorme poging wat aangewend is, teleurstellend was om ’n setel in die parlement af te staan eerder as om sy voorsprong te vergroot of om beter te vaar in streke buite sy tradisionale en verskanste Noordelike magsbasisse.

Die regerende party het weens sy meerderheid en die simbool van bevryding en versoening wat hyself opeis, ’n bykomende verantwoordelikheid om die Namibiese ambassadeur van verdraagsaamheid, dissipline en doeltreffendheid te wees. Die vure wat nou uit eie geledere reeds in Swapo se eie geledere oor die opvolger van die Staatshoof, mnr. Hifikepunye Pohamba, gestook word, is onnodig en doen meer skade as goed.

Dit is ’n onwaardige oefening om elke opinie – soos onder meer die opvolgingskwessie – tot ’n dreigende nasionale krisis te verhef. Die etniese herkoms van die volgende staatshoof is van geen belang nie, behalwe as Swapoleiers nou wil erken dat die land en party-eenheid ’n klug is.

Die huidige opvolger en pasverkose visepresident van Swapo, dr. Hage Geingob, het op sy eie meer as genoeg meriete, toewyding en nasionale en internasionale aansien om Namibië te lei, selfs al sou hy van die kleinste denkbare minderheidsgroep gewees het.

As voorsitter van die Grondwetskrywende Vergadering en verkose visepresident wie se lojaliteit en toewyding aan twee Swapoleiers, mnre. Nujoma en Pohamba, reeds bewys is, hoef hy niks meer te bewys nie. Swapo se leiers moet bewys dat hulle die dissipline het om by hul kongresbesluite te staan en kan hou by hul voornemens om stabiliteit in die leierskapkwessie te bring wat die party in die afgelope wegbreekkrisis gedompel het.

Dit is onwaardig en opportunisties om die kwessie van opvolging in dié stadium van onsekerheid oor die komende regering in te sleep. Buitendien ondermyn dit mnr. Pohamba en huidige leiers se gesag en die geloofwaardigheid en voorbeeld wat inwoners van hul leiers verwag.

Dr. Geingob se diens aan Namibië, die Grondwet en die vestiging van landsadministrasie in die mees onsekere tye van die land se onafhanklikheidsgeskiedenis, asook sy opgang in die party ten spyte van struikelblokke wat veronderstelde medeleiers en kamerade op sy weg gelê het, spreek vanself en is kwaliteite waarop enige Namibiër trots kan wees.

In die verband is dit gerustellend om te weet dat die sekretaris-generaal van Swapo, me. Pendukeni Iivula- Ithana, nie gelukkig is met die aanblaas van die debat nie. Namibiërs wat met reg ten spyte van hul onderskeie politieke oortuiginge hoë verwagtinge van hul demokratiese verkose leiers het, ondersteun ook me. Iivula-Ithana se pogings om dissipline in partystrukture te herstel.

Ter wille van Namibië se demokratiese aansien en ook ter wille van hul nasionale leiers se aansien. Veral dié van mnr. Geingob weens sy onskatbare bydrae tot Namibië. Daar is ’n tyd en ’n plek vir alles. Nou is nie die tyd vir Swapoleiers se politiek nie, maar vir Namibië se twintigste onafhanklikheidsviering.