|
Republikein
|
|
Vandag se koerant
Vandag se Spotprent Market indicators Bruidspaarkompetisie in volle swang Kollig 2 FebruarieDie Weer
Videonuus Finse universiteit skenk voertuie Videonuus Die onkruid waai op Nkurenkuru Videonuus Advertensie Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae |
24.02.2010 Namibiërs skep klimaatNAMIBIË vier binnekort sy 20ste onafhanklikheidsjaar en daar is meer uit die verlede waarop Namibiërs kan bou as om in die toekoms oor onseker te wees.
Die politieke temperatuur wat sedert verlede jaar opgejaag word en vandag met die Okahandjatussenverkiesing deur een van sy eerste koorsvlakke breek, moet beoordeel word vir wat dit is en nie vir die politieke partykompetisie wat dit nie is nie. Dit is byvoorbeeld nie ’n koersaanduiding vir die einde van die jaar se munisipale en streekraadsverkiesings nie. Die einde van die jaar se verkiesings sal beslis word deur die geskiedenis van munisipale en streekwanbestuur wat weens faksieverdeeldheid in gevalle aangespreek is en in ander gevalle geïgnoreer is. In die geval sal kandidatelyste van partye nie die hersirkulasie van Swapo-leiers weens interne verdeeldheid en slepende onmin sedert die 2004- presidensiële kongres wees wat dit nou op Okahandja is nie. Dit is ironies dat twee van die kandidate vir wie kiesers kan stem Swapo-lede is. Ten spyte daarvan dat Swapo die onafhanklike Ben Katamila geskors het, spog en paradeer hy in Swapo se kleure, terwyl hy sy veldtog voer en hy stel dit ondubbelsinnig dat hy ’n Swapoondersteuner is. Sy enigste probleem is dat hy die kandidaat moes wees en nie mnr. Boois wat amptelik die party se kandidaat is nie. Ook mnr. Boois kan nie aanspraak maak dat hy die eenparige kandidaat van sy party se Okahandjastruktuur is nie, maar die demokrasie het geseëvier en sy naam is vandag op die lys. Die RDP-kandidaat van die Hamutenya-wegbrekers, me. Christophine Paulus, was onder meer Swapoburgemeester van die dorp en die Okahandja van die afgelope vyftien jaar vertel sy eie verhaal. Swanu het as ’n nagedagte besluit om aan die verkiesing deel te neem en tree ook so op. Binne maande sal ’n nuwe verkiesing nie net Okahandja nie, maar alle Namibiese streke en dorpe tref, terwyl die politieke vure intern steeds gestook word oor die opvolger van mnr. Hifikepunye Pohamba, wat op ’n 2012-kongres besluit sal moet word. Die leierstryd het reeds die afgelope dae uitgerafel in ’n etniese bekgeveg tussen selfaangestelde vooraanstaande Swapo-woordvoerders. Waaroor Namibiërs werklik trots kan wees, is die klimaat van verdraagsaamheid waarin leiers en voornemende leiers die luukse geniet om politiek van faksie en verdeeldheid te vier. Dit is net moontlik in ’n verdraagsame en stabiele demokrasie en dit is Namibië se prestasie waarop elke inwoner trots kan wees. Om die rede behoort elke inwoner na die onafhanklikheidsvieringe op 21 Maart uit te sien. Sodat Namibië na ’n hoër rat kan oorskakel. Daar is veel groter uitdagings en veel groter werklikhede as net die partypolitieke struikelblokke soos tussenverkiesings en betwiste uitslae. Die kwessies moet aangespreek word en die instellings van die demokrasie moet verstewig word. Vir die volgende twintig jaar! |