|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Kollig 18 MeiSuiderland 15 MeiDie Weer
|
6.02.2012 Materialistiese hartseerDIE emosies oor die volksmoorde van die Ovahereroen Nama-volk tydens die bloedige koloniale oorlog van 1904 tot 1908 is met die pas afgelope besoek van die Duitse direkteur-generaal vir Afrika-sake, amb. Walter Lindner, opnuut in die openbare domein gedwing.
Daar is weer herhaaldelik verskoning gevra vir destyds se gebeure en die reuse-ontwikkelingshulp wat Duitsland sedert onafhanklikwording aan Namibië beskikbaar gestel het, asook sy bykomende 20 miljoen euro wat as spesiale inisiatief vir die ontwikkelingsbehoeftes van die geraakte gemeenskappe bewillig is, is weer beklemtoon. Dat dit egter vir die Ovaherero- en Ovambanderu- Komitee vir Dialoog 1904 (OCD-1904) nie naastenby genoeg is nie, het ook weer aan die lig gekom. Wanneer is genoeg genoeg? Dit wil ongelukkig voorkom asof die gruwelike dood van voorsate vir baie mense met ’n prysstrokie gepaardgaan en net tjekboek-politiek hier ter sprake is. Sal die strydbyle eers begrawe word wanneer elke nasaat van die mense wat so tragies gesterf het, ’n tjek in die hand het? Wat is die prys van ’n lewe? Duitsland het reeds herhaaldelik in die verlede beklemtoon dat op regeringsvlak onderhandel word en dat die Duitse regering nie by individue of individuele gemeenskappe betrokke kan raak nie. Dit is die Namibiese regering se taak om projekte te identifiseer waarby Duitsland as ontwikkelingsvennoot betrokke kan raak. Met Lindner se besoek het dit ook aan die lig gekom dat 160 sodanige projekte geïdentifiseer is, maar slegs 40 hiervan al in werking gestel is. Is die Namibiese regering se rekord van blink planne maak, maar nie in staat wees om uitvoering daaraan te gee nie, weer die rede vir die oponthoud? Die 100-jarige herdenking van die Ruiterstandbeeld op 27 Januarie vanjaar moet ook teen die agtergrond van die hoogs emosionele debat gesien word. Ongelukkig het ’n gulde geleentheid vir versoening met die viering deur die vingers geglip. ’n Uitnodiging aan verteenwoordigers van die Ovaherero- en Namagemeenskappe om deel te neem aan die verrigtinge en ook hulde aan hul ontslape voorsate te bring, sou ’n ver pad gegaan het om ’n versoenende hand uit te steek. |