Maatskaplike opheffing agter

Die Minister van Finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, lê vanmiddag die nasionale begroting in die Nasionale Vergadering ter tafel. In die moeilike finansiële tye van die afgelope jare het die Minister daarin geslaag om fyn te beplan en met inagneming van makro-ekonomiese tendense, Namibië se geldsake goed te bestuur. Die afgelope jare is ook daarin geslaag om by die aanvanklike begroting te bly sodat geen bykomende begroting later moes regtrek waar aanvanklik verkeerd begroot is nie.

Die balanseer-toertjie om voldoende voorsiening vir maatskaplike portefeuljes, infrastruktuur-ontwikkeling en kapitaalbesteding te maak, is met welslae gedoen. Wat teleurstel, is dat die ruim voorsiening wat verlede jaar in die begroting gemaak is vir die Geteikende Ingrypingsprogram vir Werkskepping en Ekonomiese Groei (TIPEEG) nie naastenby ten volle benut is nie.

Die afgelope jare was die verdedigingsbegroting naas dié van onderwys en gesondheid van die grootstes in die begroting. Vir ?n land wat in vrede met sy buurstate leef in ?n oorwegend vreedsame streek, is dit jammer dat ?n groot deel van die geld nie aan maatskaplike opheffing bestee word nie. Nog ?n saak wat kommer wek, is die voortdurende stroom geld uit die begroting om ondernemings in staatsbesit wat nie die mas opkom en daarin slaag om selfvoorsienend te wees nie, aan die gang te hou. Vroeër eerder as later sal dit tot ?n einde moet kom.

Kategorie: