21.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


21 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.02.2012

Liefde en kennis is nodig

GRONDHERVORMING bly een van die mees emosionele onderwerpe van die dag en hou die gevaar in om diepe verdeeldheid te saai.

Die boodskap van prof. Joseph Diescho tydens die inligtingsdag oor welvaartskepping van die Kaiserstraat Boerevereniging, het ’n nuwe dimensie tot die debat oor grondhervorming gevoeg. “Sonder wit boere kan landbou in Afrika nie floreer nie. Daarmee sê ek nie witmense is beter nie; ek sê witmense weet en verstaan beter hoe om met grond te werk,” is Diescho se mening.

’n Land soos Namibië steun swaar op sy landbouekonomie, nie net as verdiener van buitelandse valuta nie, maar ook as een van die grootste werkskeppers in die land. Produktiwiteit in die landbousektor is boonop gebiedend noodsaaklik ten einde voedselveiligheid te verseker en die land minder afhanklik van ingevoerde kos te maak. In die verlede het dit te dikwels gebeur dat wanneer die Regering plase vir hervestiging koop, dit in onproduktiwiteit verval. Van die mees produktiewe plase is vandag afgetakel en produseer niks nie, nie eens genoeg om die mense wat daar hervestig is, aan die lewe te hou nie.

Diegene wat hervestig is, het selde oor die nodige kundigheid of ondervinding beskik om produktief te boer. Hierbenewens het hulle geen opleiding ontvang nie, nie oor die nodige implemente en hulpmiddels beskik nie en die passie het ontbreek om ’n bestaan uit boerdery te voer. Hervestiging was in baie gevalle bloot ’n verskuiwing van hulpbehoewendes van een plek na ’n ander. Die besit van grond of selfs toegang tot en die reg om grond te besit, is nie ’n outomatiese waarborg vir ’n gesonde inkomste en ’n verbetering van lewensgehalte nie. Hiervan getuig te veel verhale van mislukking op hervestigingsplase in Namibië.

Die Regering sal opnuut ernstig moet besin oor die oogmerke van hervestiging op plase wat die potensiaal het om produktief benut te word. Hervestigingsplase kan nie alternatiewe plakkerskampe word nie. Die land kan dit doodeenvoudig nie bekostig nie.