21.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


21 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.02.2010

Leiers moet sê!

DIE regspleging van Namibië moet nie antwoord op die beskuldigings en skimpe van partydigheid, vooropgestelde agendas en verskuilde korrupsie wat die jongste aanslag van die ongeleide missiel van georganiseerde arbeid uit die geledere van die Swapogeaffillieerde vakbond, die NUNW, gevuur is nie.

Die Staatshoof, mnr. Hifikepunye Pohamba, die Minister van Justisie en Swapo se sekretaris-generaal, me. Pendukeni Iivula-Ithana, die Prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, en Aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, moet Namibiërs gerusstel oor die regspleging of waarsku as daar ernstige fout is.

Met die skadu wat die sekretaris-generaal van die NUNW, mnr. Evilastus Kaaronda, oor die grondwetlike gesag en die Regsdienskommissie werp, is die Pohamba/Ithana/Kawana/Imalwa-kwartet afsonderlik en gesamentlik die hoogste administratiewe en politieke gesag oor die regspleging.

Boonop is hulle die afgelope minstens vyf jaar verantwoordelik vir die howe en as daar nou fout is, is die Kaaronda-beskuldigings uit eie geledere niks anders as ’n mosie van wantroue wat die vakbonde in die mees senior leierskap van die land, party en administratiewe geregtigheid uitspreek nie. Namibiërs vermoed egter die Kaaronda-tirade teen regters en die howe het niks met die regspleging te make nie en eerder meer met Kaaronda self.

Dit is algemene kennis dat mnr. Kaaronda nie die eenparige steun van die Swapo-vakbondfederasie geniet nie en dat die krake in vakbondeenheid en ’n troebel verhouding met senior leiers in die party sedert verlede jaar nie uit die weg geruim is nie.

Mnr. Kaaronda is onder andere deur die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula, ’n “running dog” genoem, terwyl senior amptenare van die Ministerie van Arbeid en President Pohamba met die vakbondfederasie weens hul gebrek aan respek en dissipline swaarde gekruis het. Die Kaaronda-aanval is waarskynlik ’n weerligafleier vir sy eie probleme en beleërde posisie in die organisasie en ’n gevolg van sy noodgedwonge onttrekking uit Swapo se kieskollege waar die party kandidate vir die parlement benoem het.

Die enigste ander moontlikheid is dat mnr. Kaaronda se aanval op die Regering, howe en sy eie leierskap eerder deel is van ’n bekende vakbondstrategie sedert onafhanklikwording, waar die leegste blikke met die meeste geraas in die parlement aangestel is om vir hulle ’n beksak aan te sit.

Kortom. ’n Kaaronda-werksaansoek terwyl mnr. Pohamba sy nuwe bestuurspan voor 21 Maart aanwys, moenie met ’n werklike kommer oor die stand van die regstelsel verwar word nie Namibiërs wat op die onafhanklikheid van die regbank die afgelope 20 jaar staatgemaak het en slagoffers, waaronder die Regering en hoogste gesag wat die afgelope 20 jaar in uitsprake teen hulle berus het, is terselfdertyd die verwerping van die Kaarondaopportunisme. ’n Ondersoek na die regpleging se rekord wat bekend en openbaar is, is nie nodig nie. Wat eerder ondersoek moet word, is mnr. Kaaronda se motiewe.

Die owerheid moet ook nie in die slagyster trap om teen mnr. Kaaronda op te tree nie, want vir hom sal dit manna uit die hemel van selfpublisiteit wees waaraan hy blykbaar verslaaf geraak het.

Mnr. Kaaronda se leiers moet met hom afreken tensy hy reg is oor die pligsversuim waarvan hy die Pohamba/Ithana/Kawana/Imalwa-span beskuldig. Hy is waarskynlik ook in sy eie organisasie nou ’n stem roepende in die woestyn!