Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Suiderland 07 Oktober

Kollig 2 Oktober

Windhoek skou

Motor 26 September

Noorderlig 23 September

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

14.07.2008

Kry eenheid in meriete

DIE rede vir slepende wanbestuur en ineenstorting van leiersdissipline en geloofwaardigheid, is nie die onderlinge leierstryd waarvan die vure nie doodgeslaan kan word nie. Dit is die verskil in openbare persepsie van leiers eerder as die verskille wat die onderskeie faksies van leierskap met mekaar het.

Ongeag Namibiërs se onderlinge politiek, kleur, sosiale stand en kultuur, stem inwoners saam dat mnr. Pohamba ministers het wat hoë agting binne en buite landsgrense afdwing en dat hulle nie net praat nie, maar ook doen.

Swapo se leiers stem dalk nie hieroor met mekaar saam nie, maar daar is ‘n nasionale konsensus oor die aansien, doeltreffendheid, talent en nasionale prioriteite van onder andere die stigterpremier en Minister van Handel en Nywerheid, dr. Hage Geingob; die Minister van Verdediging, genl.maj. Charles Namoloh; die Minister van Onderwys, mnr. Nangolo Mbumba; die Minister van die Omgewing en Toerisme, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah; die Minister van Finansies, me. Saara Kuukongelwa- Amadhila; die Minister van Visserye en Mariene Hulpbronne, dr. Abraham Iyambo; die Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, dr. Richard Kamwi; die Minister van Justisie en Prokureurgeneraal, me. Pendukeni Iivula-Ithana; die Minister van Grond en Hervestiging, mnr. Alpheus !Naruseb; die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, dr. Nickey Iyambo; die Minister van Landbou, Water en Bosbou, mnr. John Mutorwa; die Minister van Werke en Vervoer, mnr. Helmuth Angula; asook onderskeidelik die Premier en sy Adjunk, mnr. Nahas Angula en dr. Libertina Amathila.

Inteendeel. Hierdie leiers sal in enige ander land op hul eie meriete en weens algemene openbare steun ook ministers gewees het. Namibiërs het in die algemeen ‘n goeie indruk, respek en vertroue in dié groep, ongeag wat hulle of die onderskeie leiers se politieke of enige ander verskille met mekaar kan wees. Hulle is normaalweg nie omstrede nie en hou hulle besig met landsake wanneer hulle moet en politiek wanneer hulle moet.

Die verskille is dat daar ook ministers in dieselfde kabinet is wat omstrede is, oor wie Namibiërs met dieselfde politieke simpatie en stamboekke gemengde gevoelens het en wat in die algemeen nie dieselfde dinge op dieselfde plekke sê nie.

Dit is waar die verskille lê wat die Staatshoof, mnr. Hifikepunye Pohamba, moet aanspreek as hy nasionale dienslewering vanuit die staatsdiens wil verbeter en nasionale doeltreffendheid en wedersydse vertroue en respek wil aanmoedig.

Daar is ministers wat doeltreffend is en die vraag moet gevra word of hulle deur die ondoeltreffendes gedra en gesubsidieer moet word. Dit is werklik die onderlinge verskil wat heers en wat erken en volhoubaar aangespreek moet word ten einde die land op ‘n nuwe koers te plaas. Daar is genoeg wat in staat is om die stuur in ‘n nuwe rigting vas te hou, maar dan moet van die passasiers ontslae geraak word wat dreig om die skip van geloofwaardigheid in leierskap te sink.