|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Kollig 18 MeiSuiderland 15 MeiDie Weer
|
7.02.2012 Kompetisies nie vir Namibië
JaMaar? skryf:
JA nee, op ‘Net SA se genoot?’ volg my HOOR HOOR en snert met jul vals kompetisies so dikwels in SA-tydskrifte! Totdat meeste lojale Namibiese lesers en hoopvolle (valslik?) kompetisiewenners reggehelp word, bestaan die kans om van hier af te wen glad nie by etlike populêre SA tydskrifte. Sover sluit my kortlysie onder die bestes in: • Huisgenoot (hierby kan waarskynlik You en die res van die Media24- tydskriftestal saamgeskaar word - ek staan onder korreksie); • Readers Digest; en • Popular Mechanics Hul kompetisie-fynskrif is dikwels onduidelik en my e-posse is soms mettertyd met respek beantwoord - soms ook uit en uit geïgnoreer. Voeg hierby koste in tyd en dollars en mens wonder nogal met hoeveel langdurende en onregverdige of selfs skelm advertensies, ook via SMS-competitions, ons Namibiërs dikwels verneuk word? Lees asb. die fynskrif en pasop vir elke koop-/promosie-truuk! ’n Wenjaar vir u elkeen! |