21.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


21 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.09.2010

Kommissie het nog tyd

DIE demokrasie en grondwet, waaronder die onafhanklikheid van die regspleging, is die enigste oorwinnaar na gister se Hooggeregshofbeslissing dat nege opposisiepartye se besware teen verlede jaar se uitslae van die algemene- en Presidentsverkiesings aangehoor moet word.

Daar is bitter min lande waar die atmosfeer van verdraagsaamheid en kalmte geheers het as wat die afgelope maande en dae gekenmerk het.

Die verloorders van die aanvanklike Hoërhofaansoek is nou wenners en die aanvanklike wenners is nou verloorders. Dit is toevallig, maar terselfdertyd insiggewend dat die uitspraak op die laaste dag van die registrasie van kiesers vir die streeks- en munisipale verkiesings gemaak is.

As die politieke rook en spieëls rondom die slepende sage van die verhoog af is, bly net ’n ontsagwekkende verantwoordelikheid vir die Verkiesingskommissie en -direktoraat teenoor die instellings van die demokrasie en die mense van Namibië oor.

Die stemprosesse moet binne die wet en binne die reëls en regulasies plaasvind en enige omstredenheid moet vermy word. Die demokrasie kan nie in die howe boer soos die geval met die afgelope verkiesings en selfs tussenverkiesings is nie.

Die mees opsigtelike en ondubbelsinnige boodskap is die bevestiging van ’n onafhanklike regbank. Individue van die regerende party en opposisie wat oor die uitspraak probeer agterdog skep het, behoort nie weer in die versoeking te kom nie.

As dit een keer gesê is, is dit ’n duisend keer gesê. Die regspleging is nog nie verpolitiseer nie en dit mag nie, want daar is te veel op die spel.

Veral nie weens persoonlike en kortstondige politieke opportunisme nie.

Namibiese kiesers is terug waar hulle aan die begin van die jaar was met ’n hofaansoek wat die verkiesingsuitslae en optrede van die kommissie en direktoraat bevraagteken het.

Die Hooggeregshof het ten gunste van die demokratiese reg van kiesers ongeag hul politieke affiliasie bevind en dit is uiters gerusstellend.

Terselfdertyd behoort die direktoraat en kommissie met die grootste omsigtigheid en oop kommunikasiekanale met die verkiesingsreëlings voort te gaan.

Aan die wortel van die jongste hofprosedures lê ’n kultuur van die afgelope jare dat die kommissie en direktoraat kiesers en politieke partye behandel asof hulle ongeletterd is en met kleinlike politiek besig is en asof die mees geoefende kiesers op die vasteland nie die demokrasie verstaan nie.

Inteendeel.

Die indruk uit van die reaksies op inwonerskommer is eerder dat die kommissie en direktoraat alwetend onaantasbaar is en die fynskrif van elke wet en bepaling beter as enigiemand ken.

Namibiërs stel nie werklik in die fynskrif van verkiesingswetgewing belang nie. Hulle wil bloot registreer as kiesers as hulle 18 jaar oud is en gereeld kan stem wanneer die geleentheid opduik. Hulle wil maklike toegang tot die stembus hê en hulle wil seker maak dat hul kruis op die stembrief, ongeag hul keuse, getel word en ewe belangrik geag word.

Dit is nie vir enigiemand in die opposisie en selfs die Regering se demokratiese groei bevorderlik om te vermoed dat die verkiesingsadministrasie ontoereikend is nie. Die pad vorentoe en die hofprosedures oor die 2009-uitslae is ’n lang tog, maar die volgende toets is om die draai.

Die kommissie en direktoraat het sowat drie maande om te bewys dat hulle die beste diens moontlik aan Namibiese kiesers wil en kan lewer.
Daar is nog ’n kans, maar die vraag is die wil.