Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

24.08.2010

Kieserslys krap

BYKOMENDE registrasie van kiesers het gister landwyd afgeskop.

Voornemende kiesers wat sedert die vorige registrasieveldtog 18 jaar oud geword het, diegene wat na ander kiesafdelings verhuis het, nuutgetroudes wie se vanne verander het en ook diegene wie se kieskaarte beskadig of verlore is, kry nou die kans om te registreer.

Alles goed en wel.

Dit los egter nie die tameletjie van die ou kiesregister op nie. In die aanloop tot die 2009-verkiesings vir lede van die Nasionale Vergadering en ’n president, het opposisiepartye reeds beswaar teen die kieserslys gemaak.

Met die bekendmaking van die kieserslys is eers steen en been gekla. Heelwat oorledenes se name het op die lys verskyn en heelparty wettig geregistreerde kiesers se name was nie op die lys nie.

Toe die verkiesingsuitslae bekendgemaak is, het dit aan die lig gekom dat die stempersentasie in sommige kiesafdelings meer as ‘n honderd persent was. Die kieserslys was duidelik nie ‘n geloofwaardige maatstaf van die werklike aantal kiesers in Namibië nie.

Dieselfde kieserslys is ter stawing van opposisiepartye se besware oor die verkiesingsuitslae in hul argumente voor die hof voorgehou. Die Verkiesingskommissie gebruik vanjaar weer die einste kieserslys waaroor daar verlede jaar soveel omstredenheid was.

Al wat bygevoeg word, is die name van nuwe kiesers wat hulle tydens die bykomende registrasieveldtog gaan registreer.

Van planne om die kieserslys met bevolkingsdata by die Ministerie van Binnelandse Sake en Immigrasie te sinchroniseer, het ook niks gekom nie.

Het die tyd nie aangebreek vir die Verkiesingskommissie om ‘n ernstige bestekopname te maak van wat verkeerd gegaan het in die verlede en hoe om dit reg te stel nie?

Begin met die kieserslys. Begin van voor af met ‘n nasionale registrasieveldtog en stel ‘n nuwe kieserslys op.

Nog ‘n steen des aanstoots is die manier waarop voornemende kiesers sonder die nodige identiteitsdokumente, bloot twee geregistreerde kiesers kan saamneem om van ‘n persoon se identiteit te getuig.

Twintig jaar na onafhanklikwording behoort elke Namibiër seer sekerlik in besit van die een of ander identiteitsdokument te wees. Hoekom voortgaan met hierdie gebruik wat soveel skuiwergate vir misbruik en kullery laat?

Vir Namibiërs om vertroue in die verkiesingstelsel van die land te hê, moet dit vanaf ‘n gesonde wegspringplek vertrek, te wete ‘n geloofwaardige en deursigtige kieserslys.

Hoe gouer die Verkiesingskommissie hiervan werk maak, hoe beter.