Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Suiderland 07 Oktober

Kollig 2 Oktober

Windhoek skou

Motor 26 September

Noorderlig 23 September

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

9.07.2008

Huismoles oor NBC

DIE voorsitter van die raad van die Namibiese Uitsaaikorporasie, mnr. Ponhele Ya France, se poging om die lug te suiwer oor die werkinge en stand van administrasie by die Uitsaaikorporasie (NBC) het nie die lug gesuiwer nie, maar eerder die wolk van onsekerheid en agterdog binne die Swapo-leierskap digter aangeblaas.

Die feite is eenvoudig en die aanslag van Namibia Today teen veral die direkteur-generaal, mnr. Bob Kandetu, en mnr. Ya France is nie ‘n aanslag teen die NBC en sy bestuur nie, maar ‘n voorspringaksie teen enige moontlike bevordering van die nuutgestigde RDP van die voormalige minister van inligting en uitsaaiwese asook gewese Swapo-kroonprins, mnr. Hidipo Hamutenya.

Die feit dat mnr. Ya France nie die oortuiging of die moed van sy oortuiging het om die Namibia Todayaanslag by sy naam te noem nie, beteken nie dat dit nie ‘n naam het nie. Die mediahuis wat hy beskuldig van ‘n agenda teen die staat se nasionale uitsaaier is geen mediahuis in enige verbeelding nie, maar mnr. Ya France se politieke party, Swapo, se partymondstuk, Namibia Today.

Dit lyk soos ‘n koerant, voel soos ‘n koerant, maar is as amptelike partymondstuk allesbehalwe en dit is Swapo se goeie reg en elke ander politieke party kan en behoort ‘n koerant in ‘n demokrasie te hê om sy lede en ondersteuners oor spesifieke aangeleenthede in te lig.

Dieselfde geld die NBC wat in naam die nasionale uitsaaier is, maar deur omroepers en voorkeure ook allesbehalwe is met programme wat opgeskort word, inbellers wat gesensureer word en berigte wat aangepas word om bepaalde voorkeure op ‘n bepaalde tydstip te dien. In die verband is die nuwe Minister van Inligting, mnr. Joel Kaapanda, reg om te verwag dat die nasionale uitsaaier hom besig moet hou met nasionale aangeleenthede en nie in partypolitieke aangeleenthede vasval nie.

Die probleem is dat mnre. Kaapanda en Ya France nie nodig het om oor die politieke aanslag teen die NBC ‘n openbare nuuskonferensie te hou met vae verwysings na mediahuise nie. Hulle kan die probleem met Swapo se sekretaris van inligting, mnr. Jerry Ekandjo, aanspreek wat vir die Namibia Today verantwoordelik is.

Swapo se interne leierskap is steeds so verdeeld dat hulle nie eers oor een partymondstuk se gedrag teenoor ‘n ander partymondstuk, die NBC, met mekaar kan praat nie, want dit is nou redelik seker dat mnr. Ekandjo waarskynlik nie met mnre. Kaapanda, Ya France of Kandetu saamstem nie en minstens soos sy partygenoot, mnr. Asser Ntinda, vermoed dat die NBC met die medewete van mnre. Ya France en Kandetu ‘n Hamutenya-agenda kan hê. Mnr. Ya France het nie die vure doodgeslaan nie, maar dalk nuwes gestook.