21.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


21 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.01.2012

Hartroerend

DIKWELS sien ons besluitnemers in die Parlement of elders koerant lees, maar hoeveel van die tragiese mensestories waaroor die media dag in en dag uit berig, verander werklik die houding en beleid van die Regering? Elke burger se hart gaan uit na die vader wat in Windhoek se informele nedersettings ’n verbete stryd saam met sy bejaarde moeder voer om hul eie bloedkind en ander babatjies, kleuters en tieners uit die kloue van misbruik en mishandeling te verlos.

Op Rehoboth sterf ’n moeder later nadat sy by die ongevalle-afdeling aankom sonder dat aanvanklik verpleegsters of ’n dokter op hul poste is.

Soos by die betrokke hospitaal, slaan die deure dikwels bot toe in die gesigte van verslaggewers wat kommentaar probeer inwin oor voorvalle waarin noodsaaklike staatsmasjinerie, ministeries en staatsdepartemente verantwoording aan die publiek verskuldig is. Sonder einde lees Namibiërs benewens oor swak gesondheids- en gebrekkige maatskaplike dienste van babas wat in puttoilette ontdek word – en slegs by uitsondering uit sulke weggooiplekke gered word; van vlamme wat sinkhuise in puin lê; mense wat hul honger op vullishope moet stil en ander skokverhale van armoede en ontbering.

In 21 jaar het die land weliswaar goeie vordering met verskeie ontwikkelingsdoelwitte gemaak, maar op vele ander nie naastenby genoeg nie. ’n Dekade gelede al het baie identiese probleme ewe gereeld in die media geboer.

Agter berigte wat soos hierdie die leser se hartsnare roer, skuil werklik ernstige maatskaplike en ekonomiese probleme. Dit het reuse-uitdagings wat geen land ooit sal kan oplos solank planmakers en besluitnemers gewoon afgestompte verbruikers van die media bly nie.

’n Byproduk van ’n dominante partystelsel en ’n swak en gefragmenteerde opposisie wat nie werklike alternatiewe bied nie, is hierdie verlammende dooiepunt waarskynlik ook.

Saam sal Namibiërs alleen baie van die krisisse kan oplos wanneer die hardnekkige kultuur van swyg en geheimhouding oor enigiets wat negatief op die regering van die dag reflekteer, finaal afgesweer word.