Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Advertensie

Market indicators


2 September 2010

Advertensie

Lesers 2010


Kyk saam!

Kollig 2 September

Ongwediva Trade Fair


Info: Voter's registration


Regional Councils and Local Authorities

Moorddossier


DMH competition terms


Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

2.07.2009

Geluk, Namibië

NAMIBIË kan homself, die Minister van Gesondheid, dr. Richard Kamwi, die Regering en verskeie agentskappe gelukwens met die wyse waarop hulle nasionale uitdagings aanvaar.

Namibië kan ‘n sug van verligting slaak oor die eerste varkgriepverdagtes wie se toetse negatief is, maar dit is slegs die helfte van die volle verhaal waarvan Namibiërs ‘n voorbeeld vir die wêreld is en waarop hulle trots behoort te wees.

Die meeste sogenaamde Eerste Wêreldlande en internasionale organisasies en VN-agentskappe kan uit owerheids- en gemeenskapsreaksie heelwat lesse by Namibië leer en inwoners, die owerhede en private sektor kan mekaar meer waardeer. Hulle het rede daartoe.

Die Regering het deur die Minister, dr. Richard Kamwi en onder voorsitterskap van dr. Jack Vries, ‘n reaksiekomitee op die been gebring dae nadat die eerste gevalle van varkgriep duisende kilometer verder met sy oorsprong in Suid-Amerika geïdentifiseer is.

‘n Massiewe inligtingsveldtog is van stapel gestuur en besoekers en diegene wat die land deur enige van die grensbeheerposte verlaat, is bedag gemaak op simptome van die siekte en wat hulle te doen sou staan indien hulle enige van die tekens van griep sou ervaar.

Die Regering het korrek bereken dat besoekers die gevalle hoofsaaklik by hospitale sou aanmeld en dit het gebeur. Voorbereidings was getref om toetse so gou as moontlik na die naaste en bes toegeruste laboratoriums te stuur en uitslae sou as moontlik te ontvang.

In twee van die drie gevalle was dit feitlik onmiddellik bekend dat die toetse negatief is en die uitslae van ‘n Russiese matroos word afgewag, maar sal ook teen dié tyd bekend wees.

Elke moontlike tegnologie, waaronder pamflette, mobiele webruimtes, radio en internet is deel van die nasionale inligtingsveldtog oor die pandemie.

Die proses was en is deurgaans met die grootste deursigtigheid gehanteer met die onderskeie Namibiese media wat deel is van weeklikse ministeriële inligtings- en koördineringsvergaderings en daarom dat Namibiërs deur die media van hul keuse ingelig gehou kan word.

Besoekers word in tale soos Russies, Duits, Frans, Spaans en Portugees en al die inheemse tale ingelig danksy die borgskappe van die private sektor soos Eerste Nasionale Bank (FNB), Renaissance Health, Shoprite en Cell One.

Die jongste varkgriepinligting is danksy tegnologie onmiddellik aan die media beskikbaar per selfoon en op die webruimte deur http://mobi.namibiansun. com en deur die adres het Namibiërs – wat die gerief gebruik – reeds gisteroggend ‘n paar minute na agt geweet dat die eerste toetse negatief is.

In die verband is dit dalk die beste onlangse voorbeeld van private en openbare sektore se samewerking oor nasionale uitdagings.

En daar is baie ander voorbeelde soos die vloede, polio, onderwys en eintlik te veel om op te noem, omdat dit byna ‘n roetine is wat nie altyd waardeer word deur inwoners of die owerhede nie wat eerder gereeld die vinger na mekaar wil wys oor nietighede wat weens ‘n verpolitiseerde samelewing ook as ‘n roetine in die partypolitiek beland.

Besoekers aan Namibië weet nou dat die land se owerheid en mense hulle beter ingelig hou as die lande en lughawens van waar hulle vertrek het.

Hulle word in hul moedertaal bedien en ingelig en Namibië koester sy inwoners en besoekers ewe veel.

Hulle kan mekaar gerus nog ‘n keer gelukwens.

Welgedaan!