Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Suiderland 07 Oktober

Kollig 2 Oktober

Windhoek skou

Motor 26 September

Noorderlig 23 September

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

15.07.2008

Fondasie gee pad

DIE notule van ‘n Staatshuisvergadering om die President, mnr. Hifikepunye Pohamba, op hoogte te hou van onder meer ’n onwettige LLD-staking en onbehoorlike politieke betrokkenheid deur elemente van die Swapo Jeugliga en die Mynwerkersvakbond, bevestig die groeiende onderlinge agterdog wat die party geruime tyd gyselaar hou.

Die tragedie is dat die vertrouensbreuk en kommunikasiegaping tussen leiers en fronte misbruik word deur opportuniste en dat selfs Staatshuis en die politieke hoofwartier oor die kwessies verlam is en Swapo se leierskap eenvoudig nie weet hoe om die krisis aan te spreek of hoe om dit op te los nie.

Die enigste logiese afleiding is dat Swapo oor leiers beskik wat die toedrag van sake verwelkom en dit daarom nie wil aanspreek nie, want die onderlinge verdeeldheid hou hulle in die een of ander pos.

Wat wel insiggewend is, is dat die senior amptenare van die land wat met die uitvoering van beleid belas is, se geduld ooglopend opraak met vakbondverteenwoordigers wat nie die wette van die land volg nie, asook die politieke arrogansie van die Jeugliga wat iewers ‘n oordosis selfvertroue binne die onderlinge verdeeldheid van hul senior partyleiers ingekry het.

Dit is absoluut ongehoord dat ‘n verteenwoordiger van die Jeugliga ministers na sy kantoor ontbied en dreig met betogings as hulle nie hul werk laat staan en na die Swapo Jeugliga se kantoor jaag vir ‘n vergadering met jeugleiers wat in elk geval onder twyfelagtige omstandighede tot hul poste verkies is.

Dit is die toppunt van arrogansie wat net oortref word deur die misplaaste onkunde oor eie belangrikheid. Gelyktydig met die demonstrasie van disrespek deur die Jeugliga is daar die kwessie van ongeloofwaardige vakbondleiers soos die Mynwerkersunie.

Die Arbeidskommissaris, Bro-Matthew Shinguadja, die permanente sekretaris van Arbeid, me. Ulitala Hivelua, en die Kommissaris van Myne, mnr. Kennedy Hamutenya, se opmerkings van onbetroubare vakbondleierskap bevestig wat Namibië lankal weet, maar nou openlik begin sê.

Beide Swapo se Jeugliga en die Mynwerkersunie kan nie deur Swapo se beleërde politieke leierskap vertrou word nie, want hulle weet nie wat om volgende te verwag nie. Die probleem is nie dat Swapo se jeug- en mynwerkersleiers nie verskillende standpunte as Swapo mag inneem nie, maar die kwessie is dat die twee instellings nie omgee om hul gesag in die proses te beledig nie.

Die vraag is namens wie hulle optree, want die huidige leierskap kan tog onmoontlik goedkeuring gee dat hulle in die proses beledig moet word. Dit kan tog nie waar wees dat mnr. Pohamba nie omgee om deur die vakbonde en Jeugliga in die verleentheid gestel te word nie. Wie is hul baas en indien daar nie ’n baas is nie, moet die twee instellings verduidelik waarom hulle hul eie koers wil inslaan.

Die probleem is waarskynlik die gebrek aan demokrasie met die instelling van beide se besture na die verdeeldheidskongres wat Swapo soos ‘n orkaan getref het en wat die party probeer verdoesel het deur ‘n vals eenheidsfront voor te hou. Die fondasie van interne eenheid staan op sand!