|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Kollig 18 MeiSuiderland 15 MeiDie Weer
|
7.02.2012 Elkeen vereer op sy manier
Vryheid skryf:
GEAGTE Redakteur; Geliewe my ’n ruimte te gun om my gedagtegang neer te pen t.o.v. die dinge wat deur sekere hoge here oor die onderwerp politiek en nasionale nuus (Ruitervieringe lei tot onmin) geuiter is. Elke mens of groep mense het die reg om dit te huldig of te gedenk waaraan hy of hulle deel het of aan behoort, net soos byvoorbeeld mense die vryheid het om die godsdiens van hul keuse te beoefen. Dis wat hierdie mense in hul privaatheid gedoen het deur die stuk geskiedenis so te huldig soos dit volgens hul geloof gebeur het. Dus is dit uiters absurd en verwaand van enige iemand om te verwag dat hierdie mense die geskiedenis waarin hulle glo so moet verdraai om by andersdenkendes in te pas of om dan polities korrek te wees, veral gesien in die lig van die feit dat geen rekenskap oor die baie vermistes aan die kant van die bevrydingsstryd na vore kom nie. Dit het ooglopend geword dat die waarhede van die verlede wêreldwyd al meer verdraai word, veral om politieke munt te slaan, m.a.w. die Groot Leuen word vet gevoer deur die mensdom stelselmatig te kondisioneer om uiteindelik in dinge te glo wat nooit was nie! |