Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Suiderland 07 Oktober

Kollig 2 Oktober

Windhoek skou

Motor 26 September

Noorderlig 23 September

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

24.07.2008

Dubbele toets vir SAOG

DIE Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) sal in die volgende weke voor waarskynlik twee van sy grootste toetse nog te staan kom. Behalwe dat strydende partye in Zimbabwe gehelp moet word om konsensus te bereik oor ’n politieke toekoms wat hierdie “Titanic” in die streek weg van die ysberg van totale anargie sal stuur, sal SAOG-leiers terselfdertyd by hul volgende spitsberaad op aandrang van die streek se hoogste geregtelike gesag baie duidelik teen wetteloosheid en vir die oppergesag van die reg moet standpunt inneem.

Doodeenvoudig mag die twyfelagtige status van die reg in Zimbabwe ten alle koste nie ’n streeknorm word nie. Want net soos elke verantwoordelike staatshoof geen burger in sy eie land – ongeag aansien – mag toelaat om die regbank te minag nie, net so kan die SAOG ondenkbaar ’n boodskap uitstuur dat een van sy lidlande se regering bo die streek se bloedjong regsgesag verhewe is.

Vandeesweek se besluit deur die SAOG se tribunaal dat pres. Robert Mugabe se mede-staatshoofde hom tot orde moet roep oor die oorvloedige bewyse dat sy regering nie die streekhof se voorlopige beskerming van wit boere teen onteiening en voortgesette geweld en intimidasie wil of kan eerbiedig nie, is nie net die strengste moontlike vingerwysing na Zimbabwe nie, maar ’n baie belangrike rigtingwyser op die pad wat die SAOG in belang van elk van sy lidlande en die gewone burgers van hierdie jong gemenebes van nasies behoort te stap.

Wanneer staatshoofde volgende maand in Suid-Afrika koppe bymekaar gaan sit, sal hulle dus voor ’n baie ander toets as by die flou Lusaka-beraad oor Zimbabwe te staan kom. Aansienlik meer is naamlik nou op die spel. Want om opnuut die oogklap-pypkan uit te voer, of by vriendelike, vae retoriek vas te steek, kan die fondamente waarop die SAOG gebou is onherstelbaar ondergrawe. Vir die tribunaal self en die oppergesag van die reg, kan ’n herhaling van die Zambië-episode op sigself ’n doodskoot wees.

Die minimum wat die streekhof se uitspraak van sy hoogste uitvoerende gesag verwag, is om sekere kernwaardes van die moderne, internasionale gemeenskap openlik en ondubbelsinnig te herbekragtig. Om weer te sê dat dit oor Zimbabwe se “interne aangeleenthede” gaan, is dié keer volgens alle indrukke ’n totaal onmoontlike uitweg.

Die SAOG se spitsberaad sal, presies 16 jaar na pres. Mugabe saam met ander leiers die SAOG-verdrag in Windhoek onderteken het waar die tribunaal gesetel is, vir eens en altyd moet opweeg of hulle hul eie en voorgangers se destydse onderskrywing van solidariteit en soewereiniteit hoër ag as die ooreengekome respek vir die reg, wet en onvervreembare menseregte wat soos die demokrasie bitter duur en met jare se stryd en bloed gekoop is.

Selfs sou daar, hoewel dit onwaarskynlik lyk, reeds ’n politieke skikking wees, mag alleen die nakoming van die SAOG-beginsel oor die vreedsame beslegting van geskille eweneens nie hierdie sware plig onder die mat vee nie. Oor persoonlike en geskiedkundige lojaliteite aan mnr. Mugabe mag streekleiers miskien verdeeld wees, maar beslis nie oor die kernbeginsels waarop die SAOG geskoei is nie.