Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

23.02.2010

Dubbele standaarde

DIE kwessie van dubbele standaarde oor die ganse staatshuishouding is ’n bedreiging van nasionale geloofwaardigheid uit leiers- en besluitnemersgeledere en moet aangespreek word ten einde ’n minimumstandaard te stel.

Die tweede agtereenvolgende naweek is dit verslagspanne van die NBC wat die wind van voor kry op openbare vergaderings van die opposisiekoalisie wat onder leiding van die RDP aan die Okahandjatussenverkiesing deelneem.

Die stilte is byna oorverdowend en die enigste afleiding is dat dit stilswyend goedgekeur word dat NBC-personeel met ’n Swapo-etiket behang word, bloot omdat die party die binnebaan in die openbare media geniet.

Teen die tyd moes die Nasionale Vereniging vir Menseregte, die Media Instituut van Suider-Afrika se Namibiese tak, die Redakteursforum of selfs die Media Ombudsman van hulle laat hoor het.

Die nasionale uitsaaier is nie ’n politieke engel of naastenby ’n voorbeeld van politieke onpartydigheid of objektiwiteit soos dit verstaan word nie en daaroor het Namibiërs – ook Swapo- en regeringsleiers – eenstemmigheid.

Om anders voor te gee, sal ’n oefening van die absurde wees.

Dit is ook verstaanbaar dat partye en kandidate alle rede het om te glo dat die NBC ten gunste van Swapo misbruik word, maar in die huidige gelaaide politieke atmosfeer was dit ook te wagte dat die staatsmasjinerie oortyd vir die regerende party sal moet werk – veral in die teleurstellende afgelope verkiesings waarin Swapo nie aan sy eie hoë standaarde kon voldoen het nie.

Dit gee egter nie die RDP of van sy leiers amnestie om teen verslaggewers van die NBC in die openbaar los te trek en hulle van vergaderings weg te jaag omdat hulle nie van die verslaggewing hou nie.

Inteendeel.

Dit is politieke skynheiligheid van die ergste graad en die RDP behoort van beter te weet, aangesien hul leier, mnr. Hidipo Hamutenya, Namibië se eerste minister van Inligting en Uitsaaiwese was en ook die opsteller van die enigste en laaste Witskrif oor die Namibiese media ten einde mediavryheid te bevorder.

Hy behoort sy medeleiers in die party en lede van die koalisie tot orde te roep, want die verslaggewers wat na politieke sendings gestuur word, is steeds afhanklik van redaksionele besluite waaroor hulle weinig of geen beheer het nie.

As dit verkeerd is en ’n aanval op mediavryheid is wanneer Swapo-leiers teen private instellings lostrek – soos dit die gewoonte is – is dit ook ’n aanslag teen mediavryheid en die integriteit van individue wanneer dieselfde vergrype teen die staatsmedia losgelaat word.

In die geval maak twee verkeerde optredes nie een korrekte een nie en is dit nie reg as aanvalle teen die NBC in orde is, maar nie teen ander nie. Die verslaggewers van die NBC is eerstens Namibiërs wat toevallig ook verslaggewers, kameramanne en joernaliste van die staatsmedia is. Hulle is op net soveel waardigheid en beskerming geregtig as enige ander verslaggewer en dit is eenvoudig nie reg dat hulle weens hul werksverbintenis in die openbaar as vyande van opposisiepolitiek uitgeskel word nie.

Dit is byna verstommend om die stilswye uit die instellings te sien wat ’n bedreiging van mediavryheid agter elke bos kan uitskop, maar oorverdowende stilswyende getuies kan wees van die aanslag teen kollegas van die NBC se verslagspanne.

Mediavryheid word ondermyn wanneer die geloofwaardigheid van instelling en inligting ondermyn word en die indruk geskep word dat die media agendas het en nie ook burgers van die land is wat bloot die boodskapdraers behoort te wees nie.

Die Regering en die opposisieleiers van Namibië kan nie van alles politiek maak en boonop ook dubbele standaarde handhaaf nie.

Namibië moet regeer word en diegene wat regeer word, moet ook weet watter algemene reëls geld sodat hulle binne die reëls die nasionale samewerking en bydrae kan maak wat nodig is om Namibië suksesvol te ontwikkel vir geslagte wat nog moet kom, maar vir wie die huidige een ook reeds verantwoordelik is deur ’n klimaat van geregtigheid, vryheid en gelykheid te skep.

Dit is demokrasie.