|
Republikein
|
|
Vandag se koerant Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies Vandag se Spotprent Market indicators SUPERMAAN
30 Bruidspare gekies
Kollig 18 MeiSuiderland 15 MeiDie Weer
|
7.02.2012 Die kundigheid het verdwynJA, my ou Namibië. My land. My heimat. Ek’s nie hier gebore nie, maar daar is geen ander tuiste wat ek verlang nie. Nes Doc Immelman het ek in 1950 per trein in die destydse Suidwes aangekom van die Kaap af. Was net heelwat jonger as Doc. Hier is waar ek grootgeword het, getroud is en 3 pragtige seuns grootgemaak het. Vir min geld.
Teen 90 sent per uur het ek vir Waterwese gewerk toe ons die Swakoppoortdam gebou het. Daarna het Omatako, Otjivero en Oanob gevolg. Ons as Waterwese met breins soos Pedro Maritz, Chris Muir, Jan Jordaan, Charles Truebody, Duncan Main, Fritz Fenzke, Barry de Lange, Tom Lessing, Piet Paul en Klaas wat by hierdie projekte betrokke was. Nie almal ingenieurs nie, maar van dumpkar-drywer, messelaar, mixer operator, handlanger; van die laagstot die hoogsbesoldigde was daar ’n gevoel van samehorigheid. Ons is op hierdie projek en ons sal hom voltooi! En ons het hulle voltooi. Hoekom moet Neckertaldam se tender nou aan buitelanders uitgegee word? Die rede is eenvoudig: Die baasbreins in die hoë poste is uitgewerk om plek te maak vir die nuwe elite. Die nuwe elite dink egter net aan die geld aan die pos verbonde en nie oor kennis of kundigheid nie. Daar is mos darem ook die “perks” om te onthou. Kom end van die maand is dit mos tyd vir “site inspection”. Dan vlieg almal wat kan saam, want die kontrakteur onthaal hulle mos. ’n Lekker “outing”! Laat die lesers self besluit of ek hier twak praat of nie. Sien uit na julle kommentaar. PS: Nog ’n “perk”! Hulle “claim” nog S&T ook! |