Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

23.08.2010

Beslissende optrede

DIT is baie bedagsaam en ’n vars bries dat die Staatshoof, President Hifikepunye Pohamba, ’n boodskap deur die Namibiese media aan Namibiërs stuur om sy waardering te betuig vir die boodskappe van gelukwensing en welwillendheid wat mense en instansies ook deur die media aan hom en sy gesin met sy 75ste verjaarsdag oorgedra het.

Dit is veral gerusstellend dat hy die goeie wense van Namibiërs beskou as verdere aanmoediging en ’n persoonlike inspirasie om sy grondwetlike plig teenoor die land en sy mense na te kom.

Dit is egter ’n verwagting wat mnr. Pohamba self geskep het sedert sy inhuldiging as president en met die tweede en laaste termyn het Namibiërs nie meer verwagtinge van mnr. Pohamba gehad nie, maar begrip vir die eerste termyn se uitdagings en hoop dat die tweede termyn hom die ruimte sou gee om meer beslissend op te tree.

Daarom moet mnr. Pohamba Namibiërs hul siniese beskouing oor goeie voornemens en gerusstellings verskoon, maar hulle het uit ondervinding begin agterkom dat goeie woorde nie noodwendig met beslissende dade opgevolg word nie.

Beloftes en ondernemings is in Namibië een ding en die ervaring op alle vlakke van die staatshuishouding het die inwoners eerder geleer dat goeie woorde nie noodwendig deur beslissende optrede gevolg word nie.

Van die dringende grondwetlike aangeleenthede waaroor President Pohamba hom moet uitspreek, is die agterdog wat rondom die vertraging van die verkiesingsuitspraak van die RDP en ander opposisiepartye teen die ECN en Swapo opgejaag word.

As Namibië se hoogste staatsgesag kan sy eerste grondwetlike plig uit dankbaarheid teenoor Namibiërs wees om hom uit te spreek of sy standpunt te stel oor die groeiende gerug dat die verkiesingsuitspraak bekend is, maar deur politieke inmenging vertraag word.

Die vrae kan nie doodgeswyg word nie en plaas die roemvolle onafhanklike regbank van Namibië onnodig onder verdenking wat homself juis nie oor die beweringe van vertraging en inmenging kan uitspreek nie. Mnr. Pohamba het die statuur en die verantwoordelikheid om standpunt daaroor in te neem.

Dit moet selfs vir ’n politieke ongeletterde duidelik wees dat die aangeleentheid nie vanself gaan verdwyn nie, maar dat die vure om die slepende verkiesingsomstredenheid van die afgelope twee nasionale verkiesings tot kookpunt te dryf. Namibiërs is nie aandadig aan die verpolitisering van die verkiesingskwessie nie.

Swapo, waarvan mnr. Pohamba toevallig ook die president is en wat onder meer deur faksieoorlog beleër word, het homself as hoofbeskuldigde aangebied, terwyl die aansoek van die RDP en ander partye teen die Verkiesingskommissie en -direktoraat gebring is.

Mnr. Pohamba het as Staatshoof en as leier van Swapo ’n spesiale en dubbele verantwoordelikheid om die regspleging teen enige aanslag te beskerm, ook vanuit eie geledere. Wat nie kan gebeur nie, is dat die regspleging in die stygende temperatuur swyg en die Staatshoof en leier van Swapo wat in die beskuldigdebank staan, nog meer swyg.

As daar een mens in Namibië is wat die ware feite kan kry, omdat hy dit as Staatshoof en beskermer van die Grondwet moet hê, is dit mnr. Pohamba. Dieselfde mense van Namibië uit wie mnr. Pohamba selfvertroue vir sy taak put, is dieselfde mense wat hy moet gerusstel deur die skindervure te blus en sy feite met die res van die land te deel.