21.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


21 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

26.01.2012

Behuisingsnood

SEDERT onafhanklikwording bly een van die grootste uitdagings wat die land in die gesig staar, die nypende behuisingstekort wat oënskynlik jaar na jaar veral in stedelike gebiede vererger.

Die migrasie vanaf die platteland na stedelike gebiede deur veral mense wat op soek is na beter werkgeleenthede, is een van die grootste bydraende faktore tot die behuisingstekort.

Terwyl die Regering die afgelope 21 jaar praat oor desentralisering en die ontwikkeling van die streke, is die realiteit dat nie daarin geslaag kon word om veral mense in landelike gebiede te oortuig om nie na Windhoek te stroom nie. Werkgeleenthede in landelike gebiede is min en ontwikkeling vind by hoë uitsondering plaas.

Vanweë die geweldige tekort aan behuising is plakkerskampe en informele nedersettings besig om teen ’n geweldige tempo om die hoofstad te verrys.

’n Instansie soos die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) kan nie voorbly om behuising aan die middel en laer inkomstegroepe te voorsien nie. Boonop is dit net mense wat betaal vir behuising wat vir NHE-lenings kwalifiseer.

Vir die armstes van die armes bestaan geen vooruitsig van ’n eie huis nie.

Republikein het gister berig dat gemiddeld 250 huishoudings maandeliks vanuit die streke na Windhoek verhuis, maar dat slegs ’n gemiddeld van tien huise per maand gebou word.

Die behuisingstekort in stedelike gebiede bring voorts mee dat pryse van bestaande woonhuise die hoogte inskiet. Na verwagting sal huispryse vanjaar met slegs ongeveer 13 persent teenoor die 14.5 persent van verlede jaar styg.

Vir veral jong mense wat nou eers die beroepswêreld beklee, is dit steeds bykans onmoontlik om ’n eie huis te koop. Die vooruitsig om eendag ’n eie woning te koop, verswak jaarliks omdat salarisse nie met stygings in huispryse tred hou nie.

’n Nasie waarvan ’n groot deel dakloos is en in haglike omstandighede woon, kan maklik in ’n onrustige en opstandige nasie verander.

Daadwerklike planne sal deur die Regering in samewerking met die private sektor gemaak moet word om oplossings vir die behuisingsnood te vind.