Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


3 Februarie 2012

Jaaroorsig


Bruidspaarkompetisie in volle swang


Kollig 26 Januarie

Die Weer


Videonuus


Himba tradisionele danse

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Pa in stryd om kindertoesig

Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

1.03.2010

Afsydigheid groei

DIE vreugdevure en die wyse waarop die oorwinning van die regerende Swapo-party deur sy frontorganisasies in die Okahandja-tussenverkiesing aangebied word, moet beoordeel word vir wat die uitslag verteenwoordig en nie vir die demokratiese oorwinning en uitdrukking van die wil van mense wat dit nie is nie.

Wat is die feite?

Die Okahandja-vakature op die Otjozondjupastreekraad het in die eerste plek onstaan weens die binnekringonmin in Swapo en die wyse waarop die voormalige goewerneur, wyle mnr. Theophillus Eiseb, deur sy kollegas en vertrouelinge nieteenstaande sy gesondheidsprobleme vernederend uitgewerk is.

Enige Namibiër, selfs die grootste politieke teenstander van Swapo, moet respek hê vir die geesdrif en ywer asook mannekrag en infrastruktuur wat Swapo, veral die Jeugliga, agter die Okahandja-tussenverkiesing gemonster het.

Om die rede behoort die stempersentasie van slegs 38% van die kiesers met Swapo se ingeboude magsbasisse in die Vyfrandkamp en Oshetu ’n beduidende hoeveelheid van die totale stemme te wees, terwyl by die meeste ander kiespunte Swapo die wind van voor gekry het. By die Veddersdal-, dorpsaal- en Aurora-kiespunt het die regerende party die wind van voor gekry.

Daar kan geen twyfel wees dat die party buite sy tradisionele magsbasisse teenstand begin kry oor kandidate nie, want die drie belangrikste kandidate het Swapo-bande en ’n geskiedenis van leierskap op Okahandja wat hulle weens interne onmin in verskeie kampe van die tussenverkiesingshok teen mekaar bevind het.

Die resultaat was dat 62% van die kiesers, byna tweederdes, al drie kandidate verwerp het en dit in enige taal ’n hol oorwinning moet wees. Dieselfde probleem staar die party in kiesafdelings soos Rehoboth, Mariental en verskeie dorpe en nedersettings in die streke in die gesig wanneer die streeks- en munisipale verkiesings later vanjaar plaasvind.

Die onvermoë en onwilligheid om teen leiers op te tree wat kiesers minag en waar wanadministrasie en korrupsie aan die orde van die dag is, het kiesers hul vertroue in die proses van die aanwys van politieke kandidate van partye laat verloor en daarmeee saam is kiesersapatie ’n werklike gevaar.

As ’n onafhanklikheidsikoon soos mnr. Sam Nujoma, sy opvolger, mnr. Hifikepunye Pohamba, die sekretaris- generaal van Swapo, me. Pendukeni Iivula-Ithana, en twee van die land se supersterre onder die jeug tienduisende mense op agtereenvolgende naweke na vergaderings kan oproep, maar net 38% daag uiteindelik op om te stem, is daar ernstig fout met die toewyding wanneer dit tel.

Van die vrygeborerens kon nie veel opgedaag het om 38% stemme by die stembus te kry nie, daar is ’n beduidende deel van die toekomstige leierskorps in die militêre skool wat RDP gestem het en buite die etniese magsbasse het die parade van wit Swapo’s asook ’n kandidaat uit een van die minderheidsgroepe van Namibië, eenvoudig nie aan die verwagtinge voldoen nie.

Swapo se tradisionele en lojale ondersteuners het die vlag van hul party gedra in ’n verkiesing waar geen steen onaangeroer gelaat is nie. Om die rede is daar ’n ernstige vertrouenskrisis tussen kiesers en leiers besig om te ontstaan, asook ’n duidelike agterdog oor die stemprosesse wat die komende dae in die hoogste howe van die land besleg sal word.

Die wantroue oor die algemene bevoegdheid van die ECN het waarskynlik die beslissende rol in die afsydigheid van kiesers gespeel. In die verband was Swapo wat alles in die stryd gewerp het en daarvoor gekomplimenteer word asook die opposisiepartye wat met ’n losse koalisie geëksperimenteer het en gedoen wat hulle kon, die grootste verloorders weens afsydigheid.

Wanneer kiesersafsydigheid wen, verloor demokrasie en die kwessie moet voor die komende verkiesings bespreek word ten spyte van die hofbeslissings in die verband. Die rol en samestelling van die ECN en die direktoraat moet ernstig aangepas word met die oog op die konsolidering van Namibië se demokrasie.

Met ’n stempersentasie van slegs 38% voel die wenners soos verloorders en voel die verloorders soos wenners.

’n Totale wanindruk en gevaarlike tendens van groeiende afsydigheid waaroor Namibiërs, ongeag hul politieke verbintenis, nie afsydig KAN WEES NIE.