21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.03.2010

Wêreld se dunste kermiekbakke

© Nampa/Reuters
’n Keramiekbak, geskep deur die pottebakker Huang Cheng-nan, rus op ’n spinnerak. Die bak wat vertoon word, is sowat 12 cm in deersnee, weeg sowat 4g en is sowat 0,15 mm dik.

’n Pottebakker in Taiwan vervaardig ragfyn keramiekbakke, wat hierdie historiese Chinese kunsvorm na brose, dog nuwe hoogtes neem. Hy hoop om die 0.2 mm dun ware teen ’n heftige prys in China te verkoop. Die pottebakker, Huang Cheng-nan, het reeds agt bakkies geskep van wat hy meen die wêreld se dunstes is. Sommige is gemaak vir ’n skeppie rys terwyl ’n ander groot genoeg is om pons in te meng.

Maar selfs die ligste stampie met ’n lepel kan die keramiek laat versplinter. Die kleiner bakkies verkoop teen sowat US$6 350. “Ek beoefen dit al meer as tien jaar, maar my pogings is eers die afgelope jaar suksesvol,” sê die 55-jarige Huang. Hy sê hy het reeds duisende bakkies in sy ateljee gebreek voordat hy die tegniek baasgeraak het.

“Dit is vreeslik moeilik; daar is sommer baie bakke wat breek.” Die Chinese skep al meer as 2 000 jaar keramiekware, met die dunstes wat die hoogste op prys gestel word. Hierdie ware word gewoonlik gekenmerk deur swierige versiering, ondersteunende pote en deksels met handvatsels.

Huang, ’n professionele pottebakker, het die bakke begin skep nadat hy rekordbrekende, ultra-dun ware in China ge- sien het en ’n paar na Taiwan teruggeneem het om dit daar te bestudeer. Hy sê sy bakke is meer as twee keer dunner as die dunste in China. “Jy sal nie sommer net uit een wou eet nie,” sê Huang. “Dit sal beslis breek.”

Hy voer spesiale klei in en huur skilders om die patrone op die wit bakke te skep. Sy winkel is in Yingge geleë, ’n Taipei-buurt wat bekend is vir die produksie van keramiek. Hy hoop ook om tydens die Wêreld Expo in Mei sy ware te vertoon. Daarna sal hy ’n prys vir die groter bakke vasstel en dit in China begin verkoop.

Nampa en Reuters