21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.02.2012

Wêreld benodig nuwe griep-entstof

Terwyl inwoners van die Noordelike Halfrond hulself voorberei op nog koue deur hulself teen griep te laat inent, raai wetenskaplikes hulle aan om in gedagte te hou dat bestaande entstowwe veel minder doeltreffend is as wat aanvanklik gedink is, volgens ’n nuwe studie. Michael Osterholm, ’n oordraagbare siekte-spesialis verbonde aan die Universiteit van Minnesota, en sy kollegas het gevind dat die mees algemene griep-entstof in Amerika net doeltreffend is vir 59 persent van gesonde volwassenes, wat veel minder is as die 70 persent tot 90 persent wat voorheen gerapporteer is.

“Ons sit met ’n entstof wat al 60 jaar op die mark is en daar is nie veel aan verander nie,” het Osterholm gesê. Hy het die behoefte aan ’n nuwe geslag griepentstof beklemtoon, veral in die lig van ’n toekomstige pandemie. Daar is ook ’n gebrek aan inligting oor hoe doeltreffend die entstof in kinders en volwassenes ouer as 65 jaar werk. Hierdie twee groepe is veral vatbaar vir griep-verwante siektes wat selfs tot die dood kan lei. Amerikaanse gesondheidsbeamptes stel voor dat almal ouer as ses maande teen griep ingeënt word.

Op die oomblik vervaardig Sanofi, GlaxoSmithKline, Novartis, die AstraZeneca-eenheid MedImmune, en CSL, entstowwe vir die Amerikaanse mark. Hoewel Osterholm nie die belangrikheid van hedendaagse entstowwe bevraagteken nie, is hy van mening dat die opvatting dat dit “goed genoeg” is, die ontwikkeling van nuwe behandeling in die wiele ry. – Nampa/Reuters

Nampa en Reuters