21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.09.2010

Vermaak vir almal by Kidz Fun Fair


Altesaam 27 kinders van die Namibiese Christelike Sentrum en hul voogde kan uitsien na ’n prettige Kidz Fun Fair wat op 18 September deur Bank Windhoek gehou word.

Hulle ontvang gratis toegang en verversings as deel van Limelight Event Marketing se maatskaplike verantwoordelikheidsinitiatief. Die Kidz Fun Fair is vanjaar groter as tevore met veel meer vermaak en interessante aktiwiteite.

Voorheen was die dag gefokus op peutervermaak, maar vanjaar sal kinders van sewe tot twaalf ook met allerhande vermaaklikhede beïndruk word. Die geleentheid word Saterdag vanaf 09:00 tot 19:00 (hekke sluit 18:00) en weer Sondag, 19 September vanaf 09:00 tot 16:00 (hekke sluit 15:00) by Wanderers se sportgronde aangebied.

Toegang vir volwassenes is N$40 en N$20 vir kinders vanaf 10 tot 18 jaar. Toegang vir kinders jonger as 10 is gratis. Alle aktiwiteite is ook gratis. Vir meer inligting, besoek die webwerf by www.kidz-fun-fair.com