Kollig

Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.06.2010

Valentina: The Exile Child

deur Rachel Valentina Nghiwete


Al ooit gewonder hoe dit moes gewees het om as kind in ballingskap groot te word te midde van Namibië se vryheidstryd? Al ooit nagedink oor hoe hierdie ondervinding die menings van die nagenoeg 43 000 Namibiese kinders in ballingskap geraak het wat na onafhanklikwording na Namibië teruggekeer het?

Al ooit bevraagteken wat dit beteken om te wees wat die Namibiese regering “’n kind van die vryheidstryd” noem? In haar outobiografie poog Rachel Nghiwete om vir die wêreld ’n blik te bied van Namibië se “exile kids”, wat in vlugtelingkampe regoor die wêreld onder die banier van die Swapo-beweging grootgeword het.

Rachel is in Kwanza-Sul, Angola, gebore en het in verskeie vlugtelingkampe in Angola grootgeword. In haar boek bied sy ’n historiese blik oor die stryd na Namibië se onafhanklikheid vanuit haar perspektief as ’n kind in ballingskap.

Ingesluit is haar ouers se ontvlugting en haar terugkoms na Namibië in 1989, op die vooraand van onafhanklikwording. In haar debuutwerk beskryf sy ook haar mondigwording as die dogter van ’n ambassadeur na onafhanklikwording, in Engeland en Amerika, en werp sy ’n blik op haar persoonlike en geestelike lewensreis.

Gevul met talle wonderlike vinjette van haar lewe as ’n flambojante kind in ballingskap, ’n kultuur-geskokte preadolessent in ’n onafhanklike Namibië, ’n tiener wat ’n intellektuele ontwaking in Londen beleef, en ’n aspirant sakevrou in Amerika, is Valentina: The Exile Child ’n inspirerende en vreugdevolle reis.

Met sy kenmerkende fokus (veral in die eerste twee en die laaste hoofstuk van die boek) oor die ondervindings van Namibië se “kinders van die vryheidstryd” en die uitdagings wat hulle vandag nog in die gesig staar om ’n Namibiese identiteit te ontwikkel, is hierdie boek waardevolle leesstof vir enigiemand wat in Namibiese geskiedenis belangstel asook die ondervindings wat die land se verlede en hede bepaal. Om jou eksemplaar van Valentina: The Exile Child te bekom, besoek www.theexilechild.com.