21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.07.2006

Uitstalling oor Nama open

DIE stalletjie vir die herdenking van die nomadiese lewe en uitrusting van die Nama om die ruwe natuur te bowe te kom, is amptelik by die Owela-museum geopen.
Die geskiedkundige geleentheid is danksy geldelike bystand van die Franco-Namibiese Kultuursentrum moontlik gemaak.
Eerw. Hendrik Witbooi, gesiene tradisionele leier onder die Nama-gemeenskap wat die genooide spreker by die geleentheid was en ook die uitstalling geopen het, het gesê die uitstalling is daarop gesteld om die lewe van die nomadiese Nama-bestaansboerdery gemeenskap te herdenk.
Die hoof van die Owela-museum, me. Ester Moombolah-/Goagoses, het tydens die amptelike opening van die uitstalling gesê kultuur is die wortel van die menslike bestaan en vereis die ontwikkeling van die museumvennootskap.
Die Owela-museum het vir die uitstalling steun van die Franco-Namibiese Kultuursentrum ontvang, wat ook 'n voortdurende belegging in die toekoms van die Namibiese kulturele erfenis is.
Die direkteur van die Franco-Namibiese Kultuursentrum, mnr. Sebastien Lenoye, het by die amptelike bekendstelling gesê die uitstalling is van buitengewone belang.
Hy het gesê hy het in die verlede verskeie kere na die suide van die land gery waar die meeste van die Namasprekende inwoners bly, en dat 'n baie mooi streek is. Hy het bygevoeg dat om in so 'n streek te bly, 'n mens baie hard moet wees.
Hy het gesê Namas bly aan beide kante van die Gariep, oftewel die Oranjerivier, en dat hulle hul ryke kultuur ondanks Europese invloed vir die afgelope vierhonderd jaar behou het.
Volgens hom het die Nama as gevolg van die invloed van die Europeërs van hul nomadiese lewe na 'n gevestigde lewensstyl verander.
Mnr. Lenoye het hulde gebring aan die Namas en in Nama-taal gesê: "Nama-khoen ge ti khoena, khoedibasen ta hana" wat beteken die Namas is my mense wat ek as my vriende gemaak het.