21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.03.2010

Tweede kinderfees word nou beplan



Beplanning het reeds begin vir vanjaar se weergawe van die Bank Windhoek Kidz Fun Fair. Verlede jaar het die geleentheid meer as 7 000 besoekers en 60 uitstallers in verskillende kategorieë gelok en na verwagting gaan dit vanjaar nog meer suksesvol wees.

Die organiseerders, Limelight Event Marketing, sien uit na die uitdagings wat vir hulle voorlê en het reeds onderneem om splinternuwe elemente en idees by die program te voeg om ’n immer veranderende mark te lok. Bespreking van stalletjies kan nou gedoen word en voornemende uitstallers kan die geleentheid gebruik om hul uitstalruimte te bevestig.

Die doel van die fees is om vir nuwe en bestaande instansies in die kindersektor ’n platform te skep om produkte en dienste te be- mark; om verhoudings met be- staande en voornemende kliënte te kweek en om die publiek in kennis te stel van wat in Namibië beskikbaar is in terme van kinderprodukte en -dienste.

Vir meer inligting oor die Bank Windhoek Kidz Fun Fair, kontak Kerianne Witt van Limelight Event Marketing by limelight.kw@iway. na of by 081 439 1399. Besoek ook www.kidz-fun-fair.com. Die Bank Windhoek Kidz Fun Fair vind op 18 en 19 September by die Wanderers-sportterrein in Windhoek plaas.