21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.09.2010

Totaal in ons taal



Een van Suid-Afrika se bekendste a capella mansgroepe, Navi Redd, het pas ’n nuwe album, Totaal in ons Taal, vrygestel en hul kenmerkende en unieke klank wat hulle so geliefd maak, kom sterk na vore in hierdie vrystelling.

Die agt manne van Navi Redd is Dawie, Sparky, Killer, Frits, Hennie, Dean, Schalk en Hanno. Die groep het in Januarie 2004 ontstaan en sedertdien gaan hulle van krag tot krag. Een keer se luister na hul musiek en ’n mens weet sommer gou hoekom dit soveel aftrek kry.

Die groep se musiek sal beslis byval vind by oud en jonk, mans en vroue, juis omdat hul verskeidenheid so geweldig wyd is.

Wen hierdie week Navi Redd se Totaal in ons Taal met die komplimente van Paul Joubert Musiek en Select Music, deur die vraag hieronder te beantwoord en voor môre om 17:00 saam met jou kontakbesonderhede aan elzeth@republikein.com.na of faks 061 223 721 te stuur.

Vraag: Uit hoeveel lede bestaan Navi Redd?

Verlede week se wenner: Britta zu Bentheim