Die Nasionale Teater bied van 15 tot 18 Sep- tember in samewerking met die organisasie vir Spaanse Samewerking in Namibië ’n vierdaagse toneelspel-slypskool aan onder leiding van die Spaanse aktrise Ana Asensio. Onderwerpe sluit monoloë, verhoogteenwoordigheid, karak- terontwikkeling en lig- gaamsbewing in.
Boonop word alle deel- nemers daarna ingesluit in haar produksie The Diva, wat op 19 September in die Nasionale Teater op die planke is. The Diva is ’n kontemporêre Spaanse verhoogstuk oor ’n klassieke aktrise wat gedwing word om ’n kwy- nende belang in haar loopbaan op die verhoog te konfronteer.
Desperaat vir aandag, saboteer sy ’n kabaretsanger se vertoning en neem sy die produksie oor. Intiem en roerend, raak hierdie boeiende uitvoering aan die toestand van die kunste en die publiek se toewyding tot lewendige uitvoerings. Diegene wat wil deel- neem, moet voor 20 Au- gustus by die Nasionale Teater registreer. Deel- name is gratis. Kontak die teater by 061 374 400 of maak ’n draai by die kantore by 12 John Mei- nertstraat (langs die Ministerie van Finansies) vir meer inligting.