21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.08.2010

subMission hou konsert



Die welbekende metalgroep subMission keer môreaand terug na die verhoog om hul nuutste album, Absolution 101, by die Vintage Bar in Olympia bekend te stel. Saam met hulle tree Delusions of Grandeur vir hul eerste vertoning vanjaar op.

“Ons het baie energie bestee om Absolution 101 op te neem en kan nie wag om die liedjies uit te voer nie. Die gehoor kan ook verskeie ‘covers’ van gewilde metalliedjies te wagte wees,” sê subMission.

Op 27 Augustus is die groep saam met Penilane te sien by die Desert Tavern in Swakopmund en daarna vertrek hulle na Johannesburg en Pretoria vir ‘n string konserte. Die Windhoekse groep is in 2005 gevorm en hulle is een van die min plaaslike groepe wat al internasionale erkenning en aandag geniet het.

Hulle was deel van verskeie Europese publikasies en subMission het positiewe resensies van regoor die wêreld gekry, insluitend Amerika, Duitsland, Japan en Engeland. subMission is ook gasheer van die immergewilde jaarlikse Windhoek Metal Fest.

“Ons teikengehoor is mense wat hou van kitaar-gedrewe hoë energie metalmusiek met ‘n goeie vertoning en vermaaklikheidswaarde,” sê die groep.

“Ons bewonder die tegniese be- - kwaamheid en oorspronklikheid van metalgroepe soos Iron Maiden, Metallica, DIO en Nevermore. As ons gehoor ’n bietjie van daardie gevoel by ons optredes kan kry, is ons gelukkig.”

subMission is Stefan Steyn (kitaar), Sven Heussen (kitaar), Willie Grobler (sang), Georg Stadtherr (baskitaar) en Christoph de Chavonnes Vrugt (drom- - me). Deure open om 19:00 en toegang is N$30.