21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.09.2010

Shrek vir altyd



Nou vir die vierde, finale rekenaargeanimeerde aflewering van die reeks oor die liefdevolle groen monster. Shrek Forever After is straks die beste van die drie ietwat teleurstellende opvolgers van die hoogs opwindende, oorspronklike rolprent Shrek.

Hierdie een maak steeds staat op die liefde wat kykers oor die jare vir die karakters ontwikkel het en Pinocchio, Gingerbreadman en die Three Little Pigs kan weer gesien word waar hulle hul normale leuens vertel, amper geëet word en alles eet. Shrek (Mike Myers) ly aan ’n middeljarigheidskrisis en sy drie kinders en vrou, Fiona (Cameron Diaz), bied geen nuwe uitdagings meer nie.

Die dorpsmense is nie meer bang vir hom nie en self sy eens vreesaanjaande brul is deesdae niks meer as partytjievermaak nie. Shrek bereik breekpunt en in ’n uur van nood onderteken hy ’n towerkontrak met die skelm “Rumpelstiltskin” (Walt Dohrn) waarin Shrek vir een dag weer ’n regte monster kan wees vir wie mense bang is. Dit kry hy in ruil vir een van sy lewensdae.

Rumpelstiltskin beloof om ’n dag te vat wat Shrek nie eens kan onthou nie. Shrek stem in, maar word uitoorlê wanneer hy sy geboortedag prysgee. Dus word geskiedenis verander. Skielik bevind Shrek hom in ’n ander wêreld waarin hy nie gebore is nie. Fiona is nie sy vrou nie, maar die leier van ’n ondergrondse organisasie.

Sy het self uit die toring waaruit Shrek haar moes red, ontsnap en lei nou ’n weerstandbeweging van ’n klomp Ogers teen die heerskappy van Rumpelstiltskin en sy hekselaer.

Donkey (Eddie Murphy) herken nie sy boesemvriend nie en verwyl sy dae deur ’n vangwa waarin die Ogers vervoer word, rond te trek. Hy tree ook as sanger op. Die legendariese sluipmoordenaar Puss in Boots (Antonio Banderas) het ’n bederfde, oorgewig huiskat geword wat daagliks geborsel word en toegang het tot soveel room as wat sy heldehart begeer.

Rumpel het een skrywersgat in sy kontrak gelos en Shrek en Donkey moet opnuut teen tyd werk om die vloek te verower. Die nuwe karakter, Rumpelstiltskin, is ’n kleurvolle kontras teen die gewone skelms en verskaf nuwe opwinding wat die reeks dalk nodig gehad het. Shrek Forever After is by Ster-Kinekor in Maerua Mall te sien.