21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.05.2011

Sex and Chocolate:

Seksnetwerke en verhoudings in kollig

Weet jy of jy betrek word by ’n seksnetwerk? Wat sal jy doen as jy uitvind dat jou kêrel nie aan jou getrou is nie? Wat sou jy doen as jy 21 jaar oud en ’n student is? Sou jy die moed hê om jou rug te draai op jou eerste liefde as hy jou verneuk? Is jy seker?

Elke keuse het gevolge – so wat sal jou keuse wees? Hierdie en ander kwessies word bespreek in Sex and Chocolate – die nuwe rolprent in die Think Twiceminireeks wat volgende Woensdag bekendgestel word. Think Twice is ’n gesamentlike onderneming van die Geslagsnavorsing en advokatuurgroep by die Regshulpsentrum (LAC) en die Ombetja Yehingaorganisasie (OYO).

Dit bestaan uit twee rolprente wat die lewensreis van jongmense opteken. In Sex and Chocolate is Lucy (El-Juanita Philander), ’n student by Unam, verlief op David (West Uarije). Ongelukkig is David onthou aan Lucy en hulle gebruik nie altyd kondome nie. Wat moet Lucy doen?

By David bly en die risiko loop om seer te kry? Moet sy met hom uitmaak ten spyte van die feit dat sy hom liefhet? Hoe los jy iemand wat jy elke dag in klasse sien?

“Hoewel die rolprent belangrike kwessies soos MIV/vigs en tienerswangerskappe laat deurskemer, behandel dit die probleem nie direk nie,” sê regisseur Philippe Talavera.

“Baie rolprente bespreek dit tans. Dus het ons besluit om eerder te kyk na die kern van verhoudings onder jong mense by universiteite. As ’n meisie weet dat haar kêrel haar verneuk, hoekom sal sy by hom bly? Wat is fout met enkellopend wees? Sou dit beter wees om in ’n verhouding te bly al is dit nie vervullend nie? Kan David verander? Verstaan hy dat hy vir Lucy seermaak? Die film fokus net op die verhouding tussen die twee.”

Sex and Chocolate het twee eindes, afhangend van die keuses wat die twee maak. Die toestel wat gebruik word om die twee alternatiewe uit te speel is gegrond op die Hollywood-rolprent, Sliding Doors, waar die storielyn verdeel en wissel tussen twee scenario’s en die kyker sien hoe die knoop ontwikkel. Die gehoor sien dus die gevolge van albei keuses.

“Sex and Chocolate handel oor meer as net die besluit om ’n verhouding met ’n spesifieke persoon aan te knoop. Dit handel oor hoe sosiale waardes en kultuur die besluite wat ons neem, kan beïnvloed. Kan ’n meisie wat geleer is om onderdanig te wees, selfversekerd in ’n verhouding wees? Wat doen dit aan jou selfbeeld as jy iemand se ‘tweede keuse’ is? Die film oorweeg al hierdie kwessies,” sê Dianne Hubbard, een van die rolprent se vervaardigers.

Die vervaardiging van die Think Twicereeks was ’n deelnemende proses. Ses jong mense (Riaan Afrikaner, Evelina Ashipala, Elmarie Kapunda, Norman Kapunda, Dennis !Kharuchab en Lydia Nkhikwa) is genooi om te help met die ontwikkeling van die draaiboeke en dus het die twee verhale in die reeks ’n sterk Namibiese inslag.

Die draaiboeke is daarna as verhoogstukke voorgestel en by skole in Windhoek en in die Kavangoen Ohangwenastreek aangebied voordat dit in rolprente omskep is. Bykans 9 000 mense het die twee stukke in die streke gesien. Die deelnemende proses van ontwikkeling het verseker dat die inhoud daarvan ’n goeie weerspieëling is van die sienings van jong mense in Namibië.

Sex and Chocolate is by Unam verfilm met Dennis !Kharuchab en Ester Leopord. Die bekende kamerapersoon Linda Louw is bygestaan deur Matias Kamati. Wotjek Majewski het gesorg vir die klank, Vincent Mboku vir die redigering en Sonja Majewski het die musiek geskep.

Philippe Talavera was die regisseur in medewerking met Rachel Coomer en Dianne Hubbard van die LAC. Sex and Chocolate is die eerste in die reeks om vrygestel te word, waarna Teddy Bear Love in Junie sal volg.

Die rolprent is moontlik gemaak met die ondersteuning van die Nederlandse ministerie van buitelandse sake, HIVOS en die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste deur die Globale Fondsprogram.

Die bekendstelling van Sex and Chocolate vind op Woensdag 11 Mei om 12:00 by Unam plaas. Toegang is gratis en almal is welkom.