2.02.2012 Rys al meer in aanvraag
 In hierdie foto wat in Julie 2011 geneem is, verskyn Prisku Hitilasha (regs) van die Tukwafeni-gemeenskapsprojek, waar rys by die Olupito-nedersetting in die Omusa¬tistreek gekweek word.
Al hoe meer boere in die Omusatistreek stel daarin belang om rys te kweek.
Só sê Simon Awala, ’n do¬sent verbonde aan die de¬partement oeswetenskap van die Ogongo Landbou¬kampus van die Universiteit van Namibië. Hy sê die getal boere het van ’n skamele tien tot meer as ’n honderd toegeneem nadat die kam-pus met die aanplant van rys begin het.
Hy het gesê dat die kampus nie net die boere van saad voorsien nie, maar hulle ook toerus met basiese feite oor hoe om die rys te plant. Daar¬na besoek hy die plase om vas te stel hoe aanplanting vorder. “Dit is deel van die kampus se uitreikprogram,” het Awala gesê.
Op die oomblik is die uitreik¬program net gemik op boere in die Omusatistreek, maar die universiteit ondersoek die moontlikheid om die program na ander streke uit te brei.
Hy sê dat die kampus tot op hede nog net een keer geoes het en dat die rys daarna aan die omliggende gemeenskap en personeellede verkoop is. “Die gemeenskap hou van die rys. Hulle sê dit is lekker en dit het vinnig verkoop.
“Die aanvraag is hoog en dit is hoekom ons besluit het om die bestaande drie hek¬taar na vier en ’n half hektaar te vergroot, sodat ons meer rys kan plant,” het hy gesê. – Nampa
Nampa
|