21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.03.2010

Ruan de Waal vir Sama benoem


Die jong Namibiër Ruan de Waal is pas benoem vir ’n Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (Sama) vir sy album, Bietjie Nader, wat verlede jaar uitgereik is. Die album is benoem in die kategorie “Beste Sokkie Album van die Jaar” en Ruan ding om die toekenning mee teen groot name soos Die Campbells en Kurt Darren.

Die 18-jarige Ruan het verlede jaar ’n platekontrak ontvang by die platemaatskappy EMI in Suid-Afrika en sing op die oomblik die land aan die brand.

Sy kontrak met EMI is egter nie sy eerste kennismaking met die opname- ateljee nie; hy was maar elf jaar oud toe hy ’n album opgeneem en op sy eie bekend gestel het.

Die album Seun van die Namib het hom toe al plekkie in die musiekbedryf besorg. Skakel op Sondag 2 Mei by kykNet se Jukebox in om Ruan te sien.