Kollig


Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

Oseaanversuring benadeel skulpvis



Versuring van die oseane bring ’n dubbele dosis probleme mee vir mariene lewe, van koraal tot skulpvis, aangesien dit bydra tot die stresse wat veroorsaak word deur aardverhitting, het ’n studie bewys. Die oseane is nou meer suur as wat dit in die afgelope 20 miljoen jaar was, luidens ’n verslag deur die Europese Wetenskapstigting.

Teen die huidige tempo gemeet, kan oseane teen 2100 soveel as 150 persent meer suur wees as wat dit in die voor-nywerheidsera was. Seewater word suur weens koolstofdioksied, in die atmosfeer vrygestel weens die verbranding van fossielbrandstof, en is ietwat meer korroderend in water. Dit maak dit moeiliker vir mariene lewe soos koraal, kreef, krap of oesters om beskermende skulpe te ontwikkel.

“Die versuring van oseane bring ’n dubbele dosis probleme mee omdat dit bo en behalwe aardverhitting plaasvind,” het Jelle Bijima, die skrywer van die verslag en professor verbonde aan die Alfred Wegener Instituut vir Polêre en Mariene Navorsing in Duitsland gesê.

“Kusgebiede soos in die Middellandse en NoordSee is ryk in verkalkende organismes, soos skulpvis, wat veral sensitief mag wees vir groot verandering in koolstof-chemie,” luidens ’n nuusvrystelling.

Oseane het reeds in die afgelope 200 jaar meer as 30 persent meer versuur – die oseane het sowat 430 miljard ton koolstofdioksied geabsorbeer, of sowat ’n derde van vrystellings deur menslike aktiwiteite sedert die Nywerheidsrevolusie. Sommige visvoorraad beweeg na die pole omdat hul normale habitatte warmer word. Dit beteken dat hulle nuwe areas bereik waar ander spesies ook voorkom.

“Hier moet dit meeding met ekostelsels wat reeds eeue lank daar voorkom, en dit voorspel net probleme,” het Bijma gesê.

Bronne van kommer is fossielrekords van ’n verandering in oseaansuur sowat 55 miljoen jaar gelede toe grootskaalse uitsterwing van mariene lewe op die oseanvloer voorgekom het.

Die gebeurtenis kon moontlik veroorsaak gewees het deur die vrylating van natuurlike metaan. Bijma het gesê mariene lewe soos koraal of seeslakke, mag nou baie kwesbaar wees vir versuring, omdat dit staat maak op opgelosde aragoniet om ’n skelet te ontwikkel.

Tog kan sommige soorte mariene lewe, veral sekere plante, beter groei in warmer, meer suur oseane. Die verslag het Europese regerings aangemoedig om meer te doen om versuring beter te verstaan. Volgens die nuusvrystellling was bestaande navorsing meestal deur individuele navorsers of spanne geïnisieer, met beperkte algehele koördinering.