Komende Saterdag word die Kankervereniging van Namibië (CAN) se derde Pienk Kolwyntjiedag in Windhoek gehou. September en Oktober is onderskeidelik internasionale bewusmakingsmaande van servikale en borskanker.
Elke kolwyntjie kos net N$5 en sal Saterdag tussen 09:00 en 13:00 by Maerua Mall en Wernhil Park te koop wees. GlaxoSmithKline is die hoofborg van die geleentheid, terwyl Checkers Maerua, Pick n Pay en Woermann Brock vennote van die projek is.
Me. Mandi van der Lith van GlaxoSmithKline en me. Reinette Koegelenberg van CAN spog met pienk kolwyntjies.