21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.09.2007

NIA herdenk Argitektuurdag

WÊRELDARGITEKTUURDAG, 'n inisiatief van die Interansionale Unie vir Argitekte, word elke eerste Maandag in Oktober gedenk. Die tema vir vanjaar se vieringe, wat saam met die Verenigde Nasies se Wêreldhabitatdag plaasvind, is Transmitting Zero CO2 Emission Architecture.
Die Namibiese Instituut vir Argitekte (NIA) herdenk die spesiale dag saam met verskeie internasionale argitekgildes en nooi die publiek om te deel in die week se verrigtinge wat op Maandag 1 Oktober begin. 'n Hoogtepunt is 'n uitstalling van virtuele werke onderneem deur Namibiese argitekte, wat in die Franco-Namibiese Kultuursentrum aangebied word.
Die uitstalling word deur Heinrich Wolff van Neoro-Wolff Argitekte in Kaapstad geopen. Hy sal daarna ook 'n lesing aanbied. Heinrich is 'n vennoot in die maatskappy wat in 1986 as Jo Noero Argitekte geopen het. Dit is in 1998 Neoro-Wolff gedoop toe hy daar aangesluit het. Die maatskappy het reeds verskeie geboue in Suider-Afrika en Amerika ontwerp en spog vandag met 'n rits toekennings. Heinrich is ook 'n deeltydse dosent by die Universiteit van Kaapstad.
Die tema van vanjaar se Wêreldargitektuurdag is deur die internasionale Unie vir Argitekte gekies en het ten doel om klem te plaas op argitekte se vermoë om koolstofdioksied-vrylatings in die ontwerp, konstruksie en instandhouding van geboue en stede drasties te verminder. Sowat helfte van groenhuis-emissies word veroorsaak deur die konstruksie- en vervoer-sektor en dus is die mobilisasie van die wêreld se argitekte noodsaaklik.
Die volledige program is soos volg:
- Maandag 1 Oktober om 18:00: Opening van die uitstalling Unrealised Work deur Heinrich Wolff by die Franco-Namibiese Kultuursentrum (FNCC).
- Maandag 1 Oktober om 18:30: Lesing deur Heinrich Wolff oor Transmitting Zero CO2 Emission Architecture by die FNCC.
- Dinsdag 2 Oktober om 18:30: Life is a Breath of Air, 'n rolprent van Farbiano Maciel oor die lewe en werke van die bekende argitek, Oscar Niemeyer.
- Donderdag 4 Oktober om 18:00: Loodsing van die Digest of Namibian Architecture vir 2007 (slegs op uitnodiging).
- Woensdag 24 Oktober: As deel van die Afrika Argitek-rolprentfees word Caracas: The Informal City en The Architecture of Frank Lloyd Wright by die Pakhuisteater aangebied.
Die verrigtinge rondom Wêreldargitektuurdag word moontlik gemaak deur Architectural Outlet/PSA, Plascon, Holcim, die FNCC, die Brasiliaanse ambassade, BCI, Specifying Dynamics, Obeco, Wispeco, Capital Press, The Sign Shop en Nampak.
Vir meer inligting, kontak die NIA by 061 231 559 of nia@mweb. com.na.