21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.09.2007

Nagjakkals deur Hendrik Januarie

JANUARIE se werk word gekenmerk deur 'n baie eiesoortige, suiwer stem. Hy skryf veral vanuit die wêreld van sy heimat, die Klein Karoo.
Klein gewaarwordinge oor 'n nagjakkals, 'n bosluis, 'n aalwynboom, word uitgelig tot iets groters, 'n oomblik van insig in die self, in ander, of oor die lewe. Hy skryf ook diep, ontroerende verse oor verlies, en meer spesifiek oor die Laingsburg-vloed van 1981. Die krag van sy poësie lê dikwels in die ongesêde woorde, in dit wat agter die verse huiwer.
Nagjakkals is 'n besonderse tweede bundel deur dié digter van Zoar.
Hendrik Januarie is in 1941 op die plaas Amalienstein in die distrik Ladysmith in die Kaap gebore. Sy grootouers en ouers het voorheen op Amalienstein gewoon toe die plaas nog 'n Luther Berlynse sendingstasie was. Sy grootouers en ouers het later verhuis en hulle in die Laingsburgse distrik gevestig waar Hendrik se pa op 'n plaas gewerk het. Later jare het sy pa 'n plaas naby Seweweekspoort om die helfte deel bewerk. Hendrik was dus van kleins af vertroud met boerdery en die verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan.
Hy matrikuleer in 1961 aan die Hoërskool Elsiesrivier. Na skool het hy op verskillende plekke en in verskillende hoedanighede gewerk: onder meer as masjienwerker in Soutrivier, as liasseerklerk in Elsiesrivier, en as verpleër in Stikland Hospitaal.
Hy het ook op verskillende tye in die destydse Administrasie van Kleurlingsake as klerk gewerk, in die hoofkantoor in Kaapstad en ook in Ebenaeser, Johannesburg, Beaufort-Wes, Amalienstein en Zoar sendingstasie, waar hy nog woon. In 1973 verwerf Hendrik 'n diploma in Godsgeleerdheid aan die Chaldo Bybelinstituut op Wittebome, waarna hy deeltyds pastorale werk verrig het, hoofsaaklik in Kliptown/Eldoradopark, Victoria-Wes en Beaufort-Wes.
Hendrik is getroud met Katrina Gertse, afkomstig van die Laingsburgse distrik. Hulle het twee kinders, Caleb en Deogracia. Sy debuutbundel, Pro rata, het in 1989 by Perskor verskyn.
Nagjakkals (ISBN: 978 079 570 2532) is deur Kwela Boeke vrygestel en kos N$80.