21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.03.2010

Miriam en Ponti op pad na Duitsland



Die ontluikende sangers Miriam George en Ponti Dikuua hou hul land se naam hoog nadat hulle deur die Namibiese ambassadeur in Duitsland genooi is om ’n reeks konserte in en rondom Berlyn aan te bied.

Een van die hoogtepunte is hul deelname aan die Classic Young Star International-konsert wat op 21 Maart in die Konzerthaus am Gendarmenmarkt in Berlyn plaasvind.

Die konsert word lewendig op televisie en radio uitgesaai en omdat soveel mense die kans kry om dit te sien of daarna te luister, is dit vir die twee sangers ’n gulde geleentheid om hul slag op internasionale vlak te wys.

Miriam en Ponti is sangstudente van Hermien Coetzee by die Kollege vir die Kunste in Windhoek. Hulle het al telkemale deelgeneem aan die kollege se jaarlikse musiekfees.

Dit was egter tydens ’n optrede as lede van Evy George se Maranatha Singers in Duitsland verlede jaar, wat mense van die twee begin kennis neem het. Op die oomblik werk hulle hard aan die voorbereiding vir die konserte voordat hulle volgende Donderdag na Duitsland vertrek.