21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

4.03.2010

Madisia vier 25 jaar


Twee groot dinge word hierdie week gevier: die 25ste herdenking van die kunstenaar Joseph Madisia se werk in die kunste, en die tiende bestaansjaar van die Franco-Namibiese Kultuursentrum op sy huidige perseel. Joseph, wat op die oomblik die direkteur is van die Nasionale Kunsgalery, het sy retrospektiewe uitstalling Maandagaand – toevallig ook sy verjaardag – in die FNCC geopen.

Deur die uitstalling hoop hy om sy werke en die evolusie daarvan met kunsaanhangers te deel. Joseph is in 1954 op Lüderitz gebore. Hy is opgelei as timmerman, maar het in sy twintigs in ’n visfabriek gewerk – iets wat veral in sy werke van die negentigerjare weerspieël is.

Dit was egter eers terwyl hy op ’n myn naby Swakopmund gewerk het, dat hy aktief sy belangstelling in die kunste begin nastreef het. Na sy eerste uitstalling in Windhoek in 1982 het hy bykans onmiddellik bekendheid verwerf en sedertdien al hoe meer erkenning gekry vir sy figuratiewe, realistiese en ornamentele uitbeeldings van die land en sy toestande.

Vandag is sy werke deel van talle nasionale en internasionale versamelings. Ter viering van 20 jaar se onafhanklikheid in Namibië asook die sentrum se 10de bestaansjaar op sy huidige perseel, wil die FNCC hulde bring aan Joseph, wat sedert die sentrum se ontstaan aktief daarby betrokke was.

As kunstenaar was hy 18 jaar gelede die eerste om kunsklasse by die sentrum aan te bied. Uitgesoekte linosneë en afdrukke wat ’n kreatiewe tydperk van meer as 25 jaar dek, is tot 31 Maart te sien.