
Meer as ’n honderd van NamPower se personeel het onlangs hul ondersteuning van die Kankervereniging se jaarlikse Shave-a-thon bewys deur hul hare te laat skeer of sproeiverf. So kon hulle binne ses uur altesame N$3 410 in samel ten bate van die Kankervereniging.

Personeel van die Windhoekse Buitekluboord het ook die Shave-a-thon ondersteun deur aan te bied om mense se hare te skeer of te sproeiverf. Hier is Granville Maasdorp (links), Zanlea Raw en Charmaine Kubas (regs) van die Desert Jewel Casino saam met Reinette Koegelenberg van die Kankervereniging.