Kollig


Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

KWV wyne behaal goud


KWV Wyne het onlangs by die SA Jong Wynskou amper skoonskip gemaak en pryse ingepalm in verskeie kategorieë. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging hou jaarliks hierdie skou, wat aan wynmakers die geleentheid bied om die beste wyne van hul huidige oesjaar ten toon te stel.

Die agt deelnemende streke is Robertson, Worcester, Stellenbosch, Paarl, Oranje- Vaal, Olifants Rivier, Swartland en die Klein Karoo. Slegs drie goue medaljes is toegeken in die Sauvignon Blanc kategorie, waarvan een deur KWV opgeraap is.

‘n Tweede, opeenvolgende goue wenner in sy kategorie, het hierdie Sauvignon Blanc tropiese vrugte en bessiegeure. Dit komplementeer die palet verder met pynappel, aspersie, parfuum en speserygeure, wat ‘n heerlike vrugtenasmaak tot gevolg het.

Die Paarl Trofee vir Kampioen Merlot is ook aan KWV toegeken. Hierdie volronde wyn bevat sterk donkerbessie geure en is veersag op die palet, met sysagte tannien. Goue medaljes is ook toegeken aan KWV se Shiraz en Pinotage wyne.