KWV-wyne het by die toonaange¬wende Michelangelo Internasionale Wyntoekennings, ’n skatkis van wyn¬toekennings verwerf.
Die Mentors-wynreeks het die lei¬ding geneem onder die KWV-inskry¬wings en het vier goue toekennings opgeraap. Die KWV Heritage 1937 het die Grand D’Or (dubbele goud) en die trofee vir die Beste Tafelwyn ontvang.
KWV, wat afkomstig is van Paarl, was onder 226 produsente wat deel¬geneem het. ’n Rekordgetal van 1 385 wyne het ingeskryf vir die kompetisie met ’n paneel van 15 beoordelaars. Die aansien van hierdie kompetisie is te danke aan die reël dat sleg 30% van die inskrywings medaljes kan ontvang.
Goue medaljes is toegeken aan:
KWV Mentors Orchestra 2009, ’n tipiese Bordeaux-styl wyn wat sterk vrugtesmake soos braambessie, pruim, aarbei en kersiegeure op die tong laat. Die oorheersende smaak is ’n vol, fyn tannien met redelike vrugte afronding;
Die Mentors Pinotage 2009, ’n pragtige karmosynrooi Pinotage, spog met meervoudige geure van sappige braambessies en pruim, met ondertone van toffie, donker sjoko¬lade en ’n fyn geur van vrugtekoek en blomreuke.
KWV Mentors Shiraz 2009, ’n robynrooi, volronde rooiwyn met ’n geheelgeur van vrugte. Swartbessie, moerbei en braambessie word met swart peper, spesery en karamel ondertone gekomplementeer.
KWV Mentors Sauvignon Blanc/ Semillon 2009 het ’n groen skynsel en op die tong word groenvy-geure vermeng met groenrissie- en blom¬geure wat die karaktertrekke van die variëteite ook in die eerste aroma weerspieël.
Wyne wat gekeur word vir die Mentors-reeks word gemaak van druiwe wat uit die beste wingerde in die land gekies is. Die wyne word slegs gebottel met die Mentors-etiket as dit aan die KWV-wynmakers standaarde voldoen wat betref die produsering en gehalte moderne wyn in outydse styl maar met internasio¬nale status.
Kompetisies op die vlak van die Michelangelo Internasionale Wyn¬toekennings, dien as maatstaf van die sukses van KWV as wynmaker, sê die hoof wynmaker Richard Rowe. “Ons is baie tevrede met die prestasie wat die wye waar¬dering van ons gehalte wynreeks beklemtoon.”
Die Michelangelo Internasio¬nale Wyntoekennings-geleent¬heid is gestig in 1997 met die doel om jaarliks Suid-Afrikaan¬se wyne wat goed presteer in internasionale markte te iden¬tifiseer. Soos in 2009 en 2010, het die rooiwyn-kategorie weer die meeste inskrywings gehad en dit was oorheers met Shiraz-inskrywings. On¬der die witwyne wat ingeskryf het, was Sauvignon die meeste.