15.06.2006 KUNSKALENDER
NASIONALE KUNSGALERY
- 'n Fotografiese en plakkaatuitstalling rondom die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte kan tot einde Junie besigtig word.
- 'n Uitstalling van skilderye deur die Namibiese kunstenaar Libbolius Nekundi open op 30 Junie en kan tot 14 Julie besigtig word.
- Other Don Quixotes, 'n uitstalling wat met die ondersteuning van die Spaanse ambassade aangebied word, open op 3 Julie en kan tot die 13de besigtig word.
Die galery se nuwe openingstye is as volg:
- Maandag van 10:00 tot 17:00
- Dinsdag tot Vrydag van 08:00 tot 17:00
- Saterdag van 09:00 tot 14:00
- Sondag van 11:00 tot 16:00
DECOR AND RUG CENTRE (Maerua Mall)
'n Uitstalling van antieke en Persiese tapyte, waarvan sommige meer as 200 jaar oud is, vind tot einde Junie hier plaas. Elkeen is van museumgehalte en is beslis nie aldag te sien nie. Meeste is deur vriende en versamelaars vir die uitstalling beskikbaar gestel. Openingstye is Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 17:30 en Saterdagoggende. Skakel (061) 255 000 vir meer inligting.
EUROPE HOUSE
Kunswerke deur verskeie Namibiese kunstenaars kan tot einde Augustus hier besigtig word.
JOHN MUAFANGEJO KUNSSENTRUM
'n Studente kunsuitstalling het verlede week geopen en kan tot die 23ste besigtig word. Openingstye is weekdae van 09:00 tot 17:00. Alle studente studeer onder Isai Aindongo, die enigste beeldende kunsonderwyser by die Arts Performance Centre van Tsumeb wat aan die talentvolle jeug van die Oshikoto-streek 'n kans gee om hul potensiaal te vervul. Alle werke is teen billike tariewe te koop.
STEMME AGTER DIE PENNE
Book Den en Demasius Publications nooi alle belangstellendes na dié reeks waarin gaste plaaslike skrywers by bogenoemde boekwinkel kan ontmoet. Skrywers word voorgestel, lees grepe uit hulle werke voor en beantwoord vrae uit die gehoor. Die skrywers sal ook met graagte u eksemplaar van hul boek onderteken. Die vierde in dié reeks vind Saterdag 24 Junie om 11:00 plaas met Kobus Lombard (Tussen Wysvinger en Duim).
- Op 22 Julie is dr. Andreas Vogt aan die beurt met sy boek, National Monuments of Namibia.
- Dr. Bian Harlech-Jones gesels op 19 Augustus oor sy boek, To dream again - A new thing?
NICHOLIS LOUW TAFEL LAGER-TOER
- Môre: Tsumeb
- Saterdag: Oshakati
Kontak Johan Venter by 081 124 1181 vir meer inligting.
PAKHUISTEATER
Een van Suid-Afrika se bekende Engelse komediante, Al Prodgers, is van 19 tot 22 Julie in Windhoek wanneer hy by die Pakhuisteater optree. Kaartjies kos N$80 en sal by die deure te koop wees. Skakel Conny by 081 127 5184 vir meer inligting.
NASIONALE TEATER
Die jaarlikse Golden Pen-toekennings vind op 7 Julie om 19:00 plaas. Kaartjies is vanaf 26 Junie by die NTN te koop en kos N$50. Dit sluit 'n drankie en versnaperinge in.
NAMROCK 2006
Meer as tien plaaslike bands en die Suid-Afrikaanse Jo Day is op 1 Julie by die Zoopark amfiteater te sien. Kaartjies wat vooraf by Musica gekoop word kos N$65 of N$75 by die hekke. Dit word aangebied deur Tafel Lager, die Franco-Namibiese Kultuursentrum, die Kalahari Sands Hotel en Radio Wave.
FRANCO-NAMIBIESE KULTUURSENTRUM UITSTALLINGS
- 'n Uitstalling van die Namibiese kunstenaar Shiya Karuseb het vroeër die week in die FNCC-galery geopen.
- Lazarus A. Willheikkie se jongste werke word van Woensdag 21 Junie in die Café des Arts uitgestal.
ROLPRENTE
- Vanaand: Scent of Oak
- Dinsdag 20 Junie: Cause toujours
- Donderdag 22 Junie: Domicilie conjugal
- Dinsdag 27 Junie: De battre mon Coeur s'est arrêtté
- Donderdag 29 Junie: L'amour en fuite
Rolprente begin om 19:30 en is in Frans tensy anders vermeld.
VIR DIE KLEINSPAN
- Dinsdag 20 Junie: Tarzan
Alle rolprente begin om 17:00 draai.
SPESIALE GELEENTHEDE
- Wêreld Musiekdag word op Saterdag 24 Junie gevier.
- 'n Rolprent van Philippe Talavera word op Woensdag 28 Junie om 18:00 vertoon.
SPAANSE ROLPRENTFEES
Rolprente wat deel is van dié fees word by Kamer G 69 van die Ingenieursblok by die Politegnikum van Namibië vertoon. Dit begin om 19:30.
Die program is soos volg:
- 5 & 6 Julie: Días de fútbol
- 2 & 3 Augustus: Mar adentro
- 6 & 7 September: Para que no me olvides
- 4 & 5 Oktober: Poniente
- 1 & 2 November: Soldados de Salamina
- 6 & 7 Desember: La vida de nadie
TROMSIRKELS
Die Ongoma Workshop bied elke Dinsdagaand om 20:00 sy gewilde Djemba tromsirkels aan. Die tromsirkels vind by Studio 77 in die agterplaas van die Ou Brouerykompleks plaas, totdat Ongoma 'n ruimte by die Craft Centre kan kry. Deelname aan tromsirkels is gratis en djembas kan ook teen 'n nominale bedrag gehuur word. Kontak Volker by 081 127 0880 of ongoma@iway.na vir meer inligting.
BOUGAIN VILLAS
Die nuwe bistro/wynkroeg Rossini, open vanaand. Openingstye is voorts van 10:00 tot 22:30.
PIETER SMITH
Die bekende Suid-Afrikaanse sanger bied op Vrydag 23 Junie 'n konsert by WHS se Vegkopstadion aan. Kaartjies kos N$60 en is by leerlinge van die skool te koop. Skakel Gert Grobler by 081 124 6951 vir meer inligting.
DANS
Goue oues en diegene wat jonk van gees is, word genooi om Saterdag saam met Varnhagen, Just Jack en Koos van Zyl te kuier met 'n dans ten bate van die Kankervereniging. Kaartjies wat N$150 kos en 'n driegangete insluit, is by die Kankervereniging, Cardies en House of Art beskikbaar. Die dans vind by Wanderers in Windhoek plaas en word deur Continental Tyres, The Sign Shop, CIC Wholesalers en Indo Atlantic moontlik gemaak.
WILDLEWEVERENIGING
Alle lede en belangstellendes word genooi om op Woensdag 28 Junie om 19:30 aan te sluit vir 'n lesing deur Danica Shaw en Nils Odendaal oor private landbewaring in die Pro-Namib - die NamibRand Natuurreservaat. Toegang is gratis vir lede en N$10 vir nie-lede. Donasies is welkom.
EARTHLIFE NAMIBIA
Alle belangstellendes word genooi om aanstaande Dinsdag (20 Junie) aan te sluit by Earthlife Namibia se herdenking van die Chernobyl-ongeluk twintig jaar gelede. 'n Bespreking wentel om die verband tussen Chernobyl en die myn van uraan in Namibië. Maryann de Leo se Oscar bekroonde rolprent, Chernobyl Heart, word daarna gedraai. Dié prent is ietwat skokkend omdat dit verskillende siektes uitbeeld wat verband hou met die kernkrag-ongeluk, die radioaktiewe besoedeling van groot dele van Europa en ook die duisende mense wat gesterf het en steeds sterf ná die ongeluk. Dit vind om 19:00 by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging (110 Robert Mugabe-laan) plaas. Ligte verversings sal bedien word en skenkings is welkom. Kontak Bertchen Kohrs by 061 227 913, 081 293 8085 of by earthl@iway.na vir meer inligting. Besoek ook www.chernobyl-international.org/chernobyl-heart.html en www.ch20.org.
DAY AT THE RACES
Die Windhoek Tafelronde 34 bied op 4 Augustus hierdie jaarlikse geleentheid by Wanderers aan. Kaartjies kos N$180 en sluit 'n heerlike driegangete in. Dit word aangebied ten bate van liefdadigheid. Skakel Gloudi Knipe by 081 129 4959 of Pieter Senekal by 061 279 700 vir meer inligting.
BANK WINDHOEK KUNSTEFEES
VOORFEES-PROGRAM
- Mozart se Cosi van Tutte word môre en Saterdag om 20:00 in die Nasionale Teater deur soliste Gretel Coetzee, Hermien Coetzee, Tina Tshupano, Jaco Wasserfall, Denver Smith en Cobus van Lill aangebied. Kaartjies kos N$50, N$60 en N$70 en is by die NTN te koop. Skakel Kobus van Lill by 081 129 4828.
- 'n Uitstalling van werke deur Namibiese vroue is tot 25 Junie in die Nasionale Kunsgalery te sien. Skakel 061 231 160 vir meer inligting.
- Trapped, a comedy in three acts, word Saterdag om 19:00 by die Sekondêre Skool Delta aangebied.
- Namibiese sangers Nello, Shku en Lydia is op 21 Junie vanaf 21:00 in die Pakhuisteater te sien. Kontak Nello by 081 213 5150.
- Volksmusiek, jazz, blues en rock is op 23 Junie in die Pakhuisteater te sien wanneer Survivors optree. Kaartjies kos N$30 en is by die deure te koop. Kontak Tangeni Iiyambo by 061 206 3724. Kontak die skool by 061 242 255.
- Hostel Monologues - The Film, word op 27 Junie om 19:30 by die Franco Namibiese Kultuursentrum gedraai. Kaartjies kos N$10.
- Sus Van... 'n teks oor die Oedipus sage soos vertel deur Ismene, sus van... Antigone, word op 29 en 30 Junie by die Teaterskool aangebied. Kaartjies kos N$30 en is by die deure te koop. Kontak Rika by 061 301 077.
- 09BC - Joseph's Dilemma, wat wentel om Josef se reaksie op Maria se swangerskap, word op 23 Junie by die Meerdoelige Sentrum in Katutura (kaartjies N$10) en op 24 Junie in Unam se Ruimteteater aangebied (kaartjies N$30). Albei vertonings begin om 18:00. Kontak 081 129 6099.
Vir meer inligting oor bogenoemde geleenthede, skakel prof. Aldo Behrens by 081 236 7491.
|