Algemene kruie en speserye kan sekere kroniese siektes, soos kanker, diabetes en hartsiektes, help voorkom. Kruie, insluitend basiliekruid en pietersielie is verkrygbaar van plante en plantdele. Speserye is dikwels verkrygbaar vanuit sade, bessies, bas of plantwortels.
Polifenole, ‘n tipe plantsamestelling, is een van die grootste gesondheidsvoordele wat geassosieer word met kruie en speserye. Polifenole kom ook voor in sekere vrugte en groente, tee en rooiwyn. Sekere kruie en speserye beperk inflammasie in die liggaam, wat hartsiektes en kanker verhoog.
Antioksidante in gemmer byvoorbeeld, word verbind met laer inflammasie, sowel as die verlaging van die konsentrasie bloedglukose in diabete. Geur jou kosse liefs met kruie en speserye, in plaas van ander geurversterkers.
“Die gebruik van kruie en speserye streel jou palet sonder ekstra kalorieë en mag die hoeveelheid sout, vet en suiker wat jy gebruik, verlaag, sonder dat geur opgeoffer word,” sê Kate Geagan, skrywer van die boek, Go Green,Get Lean: Trim Your Waistline with the Ultimate Low-Carbon Footprint Diet.
“Gebruik kruie en speserye so vars moontlik om die meeste waarde daaruit te verkry, want die aktiewe samestellings daarvan neem mettertyd af,” sê Geagan. -Ontleen aan www.web- MD.com