Delila’s Catering is besig om ’n bekende naam in Windhoek se spysenieringsirkels te word. Die ligging in Zincstraat, Prosperita, is ietwat onopvallend, maar die kos wat daar voorberei word, is beslis die teenoorgestelde. Delila’s voorsien ’n groot verskeidenheid kosse aan ’n reeks kliënte met diverse behoeftes. Hulle maak vanaf vingeretes, kospakkies en ligte etes tot warm etes vir enige geleentheid. Alle kos word op die dag van lewering met sorg voorberei in hul industriële kombuis.
’n Nuwe rigting waarin Delila’s nou spesialiseer, is klaar-voorbereide gevriesde kos. Hulle maak maalvleis-, hoender- en vegetariese lasagnes asook bobotie en herderspasteie in verskillende grootte verpakkings. Net die beste gehalte bestanddele word gebruik en die resepte is uniek om sodoende ’n soortgelyke eetervaring aan hul kliënte te verseker. So word byvoorbeeld slegs vars pasta in die lasagnes gebruik.
Die idee om hierdie kos te maak, het juis ontstaan uit die feit dat daar nie regtig ordentlike gevriesde kos op die rakke beskikbaar is nie. Benewens bogenoemde, spesialiseer Delila’s ook in kospakkies vir toergroepe en huurvlugte. Hulle maak al ongeveer drie jaar lank kos vir bekende huurvlugmaatskappye op Eroslughawe. Enige maatskappy wat derhalwe ’n behoefte aan hierdie tipe spyseniering het, kan hulle gerus kontak.
Delila’s het ook ’n wegneemete-winkel op hul perseel en almal in die omgewing is welkom om liplekker kos daar te koop. Ook daar geld hul beleid van gehalte. Vanaf Maart is daar elke weeksdag ligte gekookte wegneemetes vir middagete beskikbaar.
Delila’s se leuse is vars, smaaklike kos, goeie diens en dat goeie kos nie met swak bestanddele gemaak mag word nie. Hulle glo nie aan kortpaaie as dit by kosmaak kom nie, daarom is dit die moeite werd om hul kos op die proef te stel indien jy dit nog nie gedoen het nie.
Delila’s is op die oomblik by Maerua SuperSpar, Maerua Checkers en uitgesoekte Woermann Brock-winkels beskikbaar onder die “Delila’s” handelsnaam. Kos kan ook direk by hul perseel gekoop word. Kontak Delila’s by 061 307 606 of delilas4catering@ gmail.com