21.5.2012
 Argiewe:

Kollig


30 Bruidspare gekies


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

21.08.2008

Kos is trekpleister in Beijing

© Nampa en Reuters
Beijing het ’n nuwe celebrity chef, restauranteur Daniel Boulud, (foto) net betyds vir die Olimpiese Spele verwelkom en sodoende die neiging na Europese etes na die Chinese hoofstad gebring. Beijing was ver agter Sjanghai sover die kulinêre wedloop betref.

Boulud, ’n twee-ster Michelin sjef met ses Amerikaanse restaurante agter sy naam, het Maison Boulud in Junie geopen in die kampong van die voormalige Amerikaanse ambassade by Tiananmen Square wat omskep is in die luukse Legation Quarter-ontwikkeling.

Boulud (53), wie se spesialiteitsrestaurant Daniel in sy aangenome tuiste New York geleë is, het soos talle ander sjefs jare lank reeds Asië as bestemming oorweeg voordat hy uiteindelik op Beijing besluit het. “In Beijing is dinge aan die gebeur, en die momentum van die spele het iets wonderlik vir die stad gedoen,” het Boulud vir Reuters gesê.

“Ek is een van die eerste groot sjefs van buite wat na Beijing gekom het… die eerste krygsman wat sal moet voorsieners en die beste bestanddele soek, en ook personeel moet oplei. Dit vat tyd, maar ek is veel gelukkiger om eerste in Beijing te wees as laaste!” Boulud is die jongste in ’n rits bekende sjefs wat Franse etes na China bring, maar net tyd sal bepaal of hulle suksesvol sal wees.

Mededinger Joel Robuchon het na Macau gegaan, Alain Ducasse is in Hongkong, en Jean-Georges Vongerichten het in Sjanghai – ’n stad wat as meer kosmopolitaans beskou word – begin sake doen. Van die vyf voormalige diplomatieke geboue in die Legation Quarter, ’n projek wat deur die Chinees-Amerikaanse prokureur en entrepreneur Handel Lee gestig is, betrek Maison Boulud die mooiste tweeverdieping Victoriaanse gebou, met dubbele trappe en ’n skildery van Florence Fountain se Neptune in die foyer.

Die kampong, wat in 1903 gebou is, huisves ook die Japannese restaurant Shiro Matsui, wat deur die Hongkongse restauranteur David Yeo bestuur word, en Sadler, met die twee Michelin-ster Italiaanse sjef Claudio Sadler. Die Zagat-eetgids skryf dat die lys van ander vuurwarm restaurante wat onlangs geopen het, ook restaurante in hotelle insluit soos die Regent Bar & Grill, Jaan at Raffles en Le Pre Lenotre by die Sofitel Wanda.

Die nuwe sjefs in China bly by hul kulinêre grondslag eerder as om Asiatiese disse te maak, en meen die mark in China het met die groei van die ekonomie en die feit dat al hoe meer mense reis, uiters gesofistikeerd geraak. Teen 2011 sal Chinese na verwagting meer as 1,1 biljoen bottels wyn – dubbeld soveel as 2007 – drink, gegrond op ’n studie wat deur die Internasionale Wyn- en Spiritus Rekord in Londen onderneem is.

Uitvoere van Switserse sjokoladeprodukte na China het in 2007 toegeneem tot 308 ton, vergeleke met net twee ton in 2001, aldus data van Chocosuisse, die vereniging van Switserse sjokolade vervaardigers. Boulud, wat vaste prys-spyskaarte vir 428 yuan (’n bietjie meer as N$400) bedien, het gesê dat hy beslis nie sy styl gaan verander nie.

“As ’n Franse sjef dink ek nie dat ek môre skielik moet Chinese disse voorsit net om almal gelukkig te hou nie. Asiate is baie bewus van wat goeie kos vandag is,” het hy gesê. “Asiatiese kliënte hou van kos. Hulle is mal oor sjefs, oor restaurante. Kos is iets waarop hulle graag geld spandeer.”

Nampa en Reuters