11.03.2010 Kortstondige ischemiese aanval
’n Kortstondige ischemiese aanval (TIA) is amper soos ’n mini-beroerte. Dit het dieselfde simptome as ’n beroerte, hoewel simptome kortstondig is voordat volle herstel geskied en gewoonlik sonder enige permanente skade. Een uit elke drie mense wat ’n TIA beleef, sal waarskynlik binne ’n jaar ’n beroerte hê. Dus moet ’n TIA as ’n sterk waarskuwingsteken beskou word en moet alles moontlik gedoen word om ’n beroerte te vermy.
’n TI-aanval duur gewoonlik ’n paar minute en meeste van die tekens en simptome verdwyn binne ’n paar uur. Dit is moontlik om meer as een TIA te kry, met dieselfde of verskillende tekens en simptome, afhangende van watter deel van die brein betrokke is. Indien die simptome langer as 24 uur aanhou of breinskade plaasvind, sal ’n beroerte vermoed word.
Simptome waarvoor gekyk moet word, sluit in:
• Onsamehangende spraak
• Moeilikheid om ander mense te verstaan
• Duiseligheid, swak koördinasie en verlies van balans
• Blindheid of dubbelvisie
• Skielike swakheid of verlamming in die gesig, arm of been; gewoonlik net een kant Môre is Wêreldgloukoomdag en die Namibiese Optometriese Vereniging deel graag meer inligting oor wat gloukoom is. Gloukoom is ’n oogsiekte wat verband hou met die gevaarlike hoë opbou van interne oogdruk (intraokulêre oogdruk of IOD), wat permanente skade aan die optiese senuwee (die optiese senuwee wat visuele inligting aan die brein voorsien) kan aanrig. Gloukoom is nie geneesbaar nie.
Met onbeheerde en onbehandelde gloukoom sal jy in die toekoms merkbare verminderinge in jou sigvelde agterkom. Die progressiewe oogbeskadiging kan tot blindheid lei. Wat is die verskil tussen gloukoom en okulêre hipertensie? Okulêre hipertensie is net ’n ander term vir hoë IOD, maar dit is nog nie hoog genoeg om die optiese senuwee te beskadig of verlies van sig te veroorsaak nie.
Mense met okulêre hipertensie het ’n hoër risiko om gloukoom te ontwikkel. Dus is gereelde besoeke aan jou naaste oogspesialis of optometris noodsaaklik om die waarde te monitor. Gloukoom word veroorsaak deur die oogstrukture se onvermoë om ’n balans te handhaaf tussen die hoeveelheid intraokulêre vloeistof wat vervaardig word en die hoeveel vloeistof wat gedreineer word. Byvoorbeeld, ’n ballon benodig lugdruk om sy vorm te behou.
Net so benodig die oog interne vloeistof om die oogbolvorm te hou en om sig te produseer. As enigiets die strukture affekteer wat die druk se balans onderhou, kan dit lei tot gevaarlik hoë druk wat tot gloukoom kan lei. In ’n ballon verminder die druk deur dit af te blaas, maar in ’n oog met gloukoom hou die IOD aan met opbou wat veroorsaak dat die verhoogde druk op die optiese senuwee uiteindelik die senuwees permanent beskadig.
Om die oorsake vas te stel wat tot gloukoom lei, moet eers gekyk word na die anatomie van die oog en hoe die intraokulêre vloeistof deur die oog beweeg. ’n Deurskynende vloeistof, bekend as aqueous humor, word deur die silliêre liggaam (’n klein ronde liggaam agter die iris) vervaardig. siekte; swart bevolkingsgroep; ’n geskiedenis van hoë IOD en oogbesering; hoë miopie (bysiende) of hoë hiperopie (versiende) – hoë hiperopie neig na skielike aanvalle van toehoek gloukoom; en die gebruik van kortisoon in die oog.
Op die oomblik is die mikpunt om deur behandeling en/of operasies die oogdruk te verminder of te stabiliseer. As hierdie mikpunt behaal word, kan skade aan die okulêre strukture – veral die optiese senuwee – verhoed word. Meeste behandeling vir gloukoom is ontwerp om die druk te verminder of te beheer. Gewoonlik is oogdruppels die eerste keuse voordat operasies oorweeg word.
Gedurende die oogoperasie (laser of ander) moet twee basiese resultate verkry word, naamlik om die produksie van aqueous humor te verminder of om die dreinering van hierdie vloeistof te vermeerder. Dit maak egter nie saak wat die behandeling is nie: vroeë diagnose is die beste manier om blindheid weens gloukoom te voorkom.
Dus is dit belangrik om gereeld na jou optometris of oogspesialis te gaan vir ’n volledige ondersoek. van die liggaam. Die oorsaak het dieselfde oorsprong as ’n beroerte, naamlik dat ’n bloedklont die bloedtoevoer na ’n sekere deel van die brein afsny. Dit kan gebeur weens ’n vetneerslag in ’n slagaar of aar wat suurstof en voedingstowwe aan die brein verskaf. Risikofaktore sluit in:
• Familiegeskiedenis van TIA of beroerte
• Ouderdom bo 55
• Mans het ’n hoër risiko as vroue
• Hoë bloeddruk
• Hartsiektes (hartversaking, hartdefekte, hartinfeksies of abnormale hart ritme)
• Perifere bloedvatsiektes
• Rook
• Fisiese onderaktiwiteit
• Suikersiekte
• Swak voeding
• Hoë cholesterol
• Vetsug
• Oormatige alkoholgebruik
• Gebruik van dwelms.
Aangesien ’n TI-aanval baie kortstondig is, sal jou diagnose berus op ’n mediese geskiedenis van die aanval, eerder as ’n fisiese of neurologiese ondersoek. Gewoonlik sal medikasie voorgeskryf word, maar dit is belangrik om risikofaktore te identifiseer en dinge te verander terwyl jy nog kan. Kontak ’n fisioterapeut vir meer inligting oor behandeling vir hierdie toestand [in die telefoongids onder “Medical Listings”, bl. 94 en 95]. Geen verwysing is nodig nie.
|