Kollig


Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

11.03.2010

Kopenhagen-proses bespreek

Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging nooi alle belangstellendes om op Dinsdag 16 Maart aan te sluit vir ’n lesing in Engels deur Harald Schütt oor die Kopenhagen-proses. Volgens mnr. Schütt is dit wat in Kopenhagen gebeur het, nie juis verrassend nie, maar voorspelbaar.

Die onderliggende oorsaak van die kollektiewe mislukking is die verkeerde uitgangspunt by die klimaatsonderhandelinge tydens die 15de beraad in die afgelope 15 jaar. Die basiese toestande van ontwikkelde en ontwikkelende lande en nasies is baie verskillend, nie eens gepraat van hul geografiese, maatskaplike en kulturele eienskappe nie. Boonop word ekonomiese belange ook deur die klimaatskwessie geraak.

In plaas daarvan dat nuwe horisonne wink, het hulle in Kopenhagen die skuld probeer verskuif. Dus het die beraad oor klimaatsverandering in Kopenhagen tot ’n einde gekom sonder om ’n oplossing te vind. Onder die talle mites oor energiebronne, is een van die mees bedrieglike die hoë prysetiket wat op hernubare bronne geplaas word.

As alle alternatiewe energiebronne te duur is, is die argument dat die wêreld moet voortgaan met sy afhanklikheid van fossielbrandstof. Mnr. Schütt ruim hierdie mite uit die weg en verduidelik hoekom die mensdom moet aanhou om hernubare bronne te ontwikkel, en beskryf hoe elke bedryf wat geraak word, die beste voordeel uit nuwe geleenthede kan trek.

Meer nog, weens die vermindering van konvensionele energiebronne kom die brandstofvoorraad vanaf minder en minder bronne in ’n immer-afnemende aantal lande, wat die monopolisering van hulpbronne verhoog. Om beskerming teen klimaatsverandering te bied, is nuwe produksiemetodes en fundamentele strukturele veranderin- ge in die ekonomie nodig.

Dit bied weer groot geleenthede vir diegene wat besluit om leiers in hierdie opwindende onderneming te wees. Die onvanpaste poging om CO2- vrylatings wêreldwyd te beheer deur vrylatingsregte toe te ken, dien geen doel nie. Die lesing begin om 19:30 in die verenigingsaal (Robert Mugabe-laan 110, oorkant die Nasionale Teater). Skakel 061 225 372 vir meer inligting.